Joyce Banda

Joyce Banda
Joyce Banda
Joyce Banda in 2013

4de President van Malawi
Ampstermyn
7 April 2012 – 31 Mei 2014
Vise Khumbo Kachali
Voorafgegaan deur Bingu wa Mutharika
Opgevolg deur Peter Mutharika

Adjunkpresident van Malawi
Ampstermyn
29 Mei 2009 – 7 April 2012
President Bingu wa Mutharika
Voorafgegaan deur Cassim Chilumpha
Opgevolg deur Khumbo Kachali

Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
1 Junie 2006 – 29 Mei 2009
President Bingu wa Mutharika
Voorafgegaan deur George Chaponda
Opgevolg deur Etta Banda

Minister van Geslag, Kinderwelsyn en Gemeenskapsdiens
Ampstermyn
2004 – 2006
President Bingu wa Mutharika

Persoonlike besonderhede
Gebore Joyce Hilda Ntila
12 April 1950 (1950-04-12) (74 jaar oud)
Malemia, Njassaland (nou Malawi)
Politieke party Volksparty (sedert 2011)
DPP (2004–2010)
UDF (voor 2004)
Eggenoot/-note Roy Kachale (voor 1981)
Richard Banda
Kind(ers) 5
Alma mater Columbus-universiteit
Atlantiese Internasionale Universiteit
Royal Roads-universiteit

Joyce Hilda Banda (née Mtila; gebore 12 April 1950) is 'n Malawiese politikus wat van 7 April 2012 tot 31 Mei 2014 die president van Malawi was. Sy is die stigter en leier van die People's Party, wat in 2011 tot stand gekom het. Sy was 'n opvoeder en 'n voormalige vroueregte-aktivis en vanaf 2006 tot 2009 Minister van Buitelandse Sake, asook adjunkpresident van Malawi van Mei 2009 tot April 2012.

Banda neem die amp aan as president na die skielike dood van president Bingu wa Mutharika. Sy was die vierde president van Malawi en die eerste vroulike president en tweede vroulike staatshoof ná Elizabeth II. Banda was die tweede vrou wat president op die vasteland van Afrika geword het. Voordat sy president geword het, het sy as die eerste vroulike adjunkpresident van die land gedien.

Voordat sy president van die Republiek Malawi geword het, het sy in verskillende rolle gedien as 'n parlementslid, minister van geslag en kinderwelsyn en as minister van buitelandse sake. Voor haar aktiewe loopbaan in die politiek was sy die stigter van die Joyce Banda-stigting, stigter van die National Association of Business Women (NABW), Young Women Leaders Network en die Hunger Project. In Junie 2014 het Forbes president Banda aangewys as die 40ste magtigste vrou ter wêreld en die magtigste vrou in Afrika. In Oktober 2014 is sy opgeneem in die BBC se 100 vroue.

In November 2016 het Banda aangekondig dat sy bereid is om as presidentskandidaat in die verkiesing van 2019 te staan.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]