Kaapse kweper | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Magnoliids |
Orde: | Laurales |
Familie: | Lauraceae |
Genus: | Cryptocarya |
Spesie: | C. woodii
|
Binomiale naam | |
Cryptocarya woodii Engl., (1899)
|
Die Kaapse kweper (Cryptocarya woodii) is 'n klein tot middelgroot boom wat aan die rand van woud en rivieroewers groei. Die spesie is inheems in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga en kom vanaf Grahamstad tot in die Lebomboberge voor. Dit is ook inheems in Eswatini en Mosambiek. Die boom het breë elliptiese blare met 'n kenmerkende druppunt en 'n golwende rant.