| |||||
| |||||
Koninkryk Tahiti | |||||
Hoofstad | Papeete (vanaf 1847) 17°32′S 149°34′W / 17.533°S 149.567°W | ||||
Taal/Tale | Tahitiaans, Frans | ||||
Godsdiens | Tahitiaanse godsdiens, Christendom | ||||
Regering | Monargie | ||||
Koning | |||||
- 1788–1791 | Pomare I | ||||
- 1774–1821 | Pomare II | ||||
- 1821–1827 | Pomare III | ||||
- 1827–1877 | Pomare IV | ||||
- 1877–1880 | Pomare V | ||||
Wetgewer | Parlement | ||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||
- Gestig deur Pomare I | 1788/91 | ||||
- Koninkryk konsolideer krag na die Slag van Te Feipī | 12 November 1815 | ||||
- Vestiging van die Franse protektoraat | 9 September 1842 | ||||
- Frans-Tahitiaanse Oorlog | 1843–1847 | ||||
- Franse protektoraat | 1 Januarie 1847 | ||||
- Franse anneksasie | 24 Januarie 1895 | ||||
Geldeenheid | Franse frank Pond sterling |
Die Koninkryk Tahiti (Frans: Royaume de Tahiti) is deur hoofman Pomare I gestig. Hy het met die hulp van Engelse sendelinge en handelaars en met Europese wapens die eilande Tahiti, Moorea, Tetiaroa en Mehetia verenig. Op die kruin van die koninkryk het dit ook ander eilande van Oos-Polinesië oor ’n gebied van meer as 3 miljoen km2 ingesluit. Diplomatieke betrekking is aangeknoop met van die Cookeilande tot Paaseiland.
Sedert die kerstening van Pomari II was die land se leiers Christene. Hul progressiewe opkoms en erkenning deur Europa het Tahiti in staat gestel om sy vryheid te behou te midde van kolonisasieveldtogte deur Spanje, Engeland en Frankryk. Dit was in die 19de eeu een van ’n paar onafhanklike Polinesiese state in Oseanië; ander was onder meer Bora Bora, Hawaii, Samoa en Tonga. Die vyf Tahitiaanse monarge het ’n tydperk van vrede en ekonomiese vooruitgang tot stand gebring.
Tahiti en sy afhanklike gebiede het in 1842 ’n protektoraat van Frankryk geword en is in 1880 deur die Franse geannekseer as ’n kolonie. Die monargie is kort daarna afgestel.
Die koninkryk se vyf monarge was:
In Februarie 2009 het Tauatomo Mairau daarop aanspraak gemaak dat hy die erfgenaam van die Tahitiaanse troon is en probeer om die status van die monargie in die hof erken te kry. Frankryk het nie sy aanspraak erken nie.[1][2] Sedert 2010 het hy aanspraak gemaak op die titel prins Marau van Tahiti[3] en hom daarvoor bewyer dat koninklike trustgrond aan hom en sy familie teruggegee word.[4] Hy is in Mei 2013 oorlede.
Op 28 Mei 2009 het Joinville Pomare, ’n aangenome lid van die Pomare-familie, homself verklaar tot koning Pomare XI. Sy eie familie beskou egter sy oom, Léopold Pomare, as erfgenaam tot die troon.[5][6]