14 nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2003 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die vier beste spanne van die IKK-trofee 2001 (Kanada, Kenia, Namibië en Nederland). Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 is 54 wedstryde gespeel, waaronder 42 tydens die groepfase, nege in die Super Ses, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van sewe elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die drie beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Ses gekwalifiseer, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.[3]
Die toernooi het talle ontwrigtings ondervind, soos die uitskakeling van Suid-Afrika, Pakistan, Wes-Indië en Engeland in die groepfase (Suid-Afrika het met slegs een lopie verloor nadat hulle die Duckworth-Lewis-metode verkeerd gelees het).[4][5] Engeland het die wedstryd teen Zimbabwe weens die politieke onrus in dié land verbeur, waardeur Zimbabwe eindelik vir die Super Ses gekwalifiseer het.[6] Net só het Nieu-Seeland sy wedstryd teen Kenia om sekuriteitsredes verbeur, waardeur Kenia as die enigste nietoetsspelende land tot dusver die halfeindrondte gehaal het.[7] Nog ’n skokgolf het twee dae ná die toernooi se begin gevolg, toe Shane Warne, destyds een van die spel se voorste draaiers, in skande huis toe gestuur is ná ’n positiewe toets vir ’n verbode middel.[8] Tydens die eerste wedstryd teen Namibië het beide die Zimbabwiese speler Andy Flower en die snelbouler Henry Olonga swart armbande in “rou oor die dood van demokrasie” in Zimbabwe gedra. Albei spelers is onmiddellik uit die span geskors en het oorsee om politieke asiel gevra. Hierdie openbare politieke protes het ’n aansienlike verleentheid met die medegashere veroorsaak en ook die spanharmonie ontwrig.[9][10]
Australië, Indië, Kenia en Sri Lanka het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Sri Lanka en Indië het Kenia geklop, voordat die verdedigende kampioen Australië die eindstryd op Wanderers in Johannesburg teen Indië met 125 lopies gewen en sodoende sy derde titel ingepalm het, die eerste land wat daarin kon slaag. Hulle het tydens die toernooi al hul elf wedstryde gewen. Namibië het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.[11] Dit is tot dusver die enigste krieketwêreldbeker waaraan vier Afrikaspanne deelgeneem het.
Die Pakistanse speler Shoaib Akhtar het tydens die toernooi ’n wêreldrekord opgestel en die vinnigste bouler in die krieketgeskiedenis geword, toe hy in ’n groepwedstryd teen Engeland ’n aflewering met 161,3 km/h gestuur het.[12][13][14]Rudie van Vuuren, wat vir Namibië gespeel het, het later met dié land se nasionale rugbyspan ook aan die Rugbywêreldbeker 2003 in Australië deelgeneem, waardeur hy die eerste sportlui geword het wat in dieselfde jaar in twee verskillende sportkodes aan wêreldbekertoernooie deelgeneem het.[15]
Die Krieketwêreldbeker 2003 is deur die IKR toegewys aan Suid-Afrika. Van die medegashere was Kenia en Zimbabwe.[16] Terwyl die toetskrieketlande Suid-Afrika en Zimbabwe regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer het, moes Kenia tydens die IKR-trofee 2001 vir die toernooi kwalifiseer. Saam met die T20I-wêreldbeker 2007 en die Kampioenetrofee 2009 was dit een van drie groot kriekettoernooie wat in die 2000’s in Suid-Afrika aangebied is.
Die volgende 14 spanne het vir die Krieketwêreldbeker 2003 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika (medegasheer), Wes-Indië en Zimbabwe (medegasheer) het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2003 gekwalifiseer. Kanada, Kenia, Namibië en Nederland was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 2001 gekwalifiseer.
Suid-Afrika het 46 wedstryde op twaalf verskeie plekke gehuisves, terwyl Kenia twee wedstryde op een plek en Zimbabwe ses wedstryde op twee plekke aangebied het. In stadions buite Suid-Afrika was enkele wedstryde van die groepfase met die betrokke tuisspan beplan. Van Zimbabwe se Groep A-wedstryde is tuis gespeel en Kenia het twee van sy ses Groep B-wedstryde tuis gespeel. Daarmee het Kenia ná Skotland in 1999 die tweede assosiaatlid geword wat wedstryde tydens ’n krieketwêreldbekertoernooi aangebied het. Die Engelse nasionale krieketspan het egter die wedstryd in Harare en die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan die wedstryd in Nairobi om beweerde veiligheidsrisiko’s verbeur.
Die Krieketwêreldbeker 2003 is oor 44 dae tussen 14 verskillende spanne oor 54 wedstryde beslis. Dit het op 9 Februarie 2003 op Nuweland in Kaapstad met die openingswedstryd tussen die medegasheer Suid-Afrika en Wes-Indië begin. Die toernooi het geëindig op Wanderers in Johannesburg op 23 Maart met die eindstryd tussen Australië en Indië, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee verdedig het.
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2003 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die Super Ses, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Elke land moes teen 31 Desember 2002 ’n finale lys van 15 spelers vir die toernooi aan die Internasionale Krieketraad voorlê. ’n Beseerde speler kon enige tyd tot aan die einde van die toernooi vervang word.[17]
Die Krieketwêreldbeker 2003 is deur 14 nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die 14 deelnemende spanne in twee groepe van sewe elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span ses wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die drie beste spanne van albei groepe het na die Super Ses deurgedring.
In die Super Ses-rondte het elke span teen die spanne gespeel, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, het nie teen mekaar gespeel nie en die punte van dié wedstryde is na die Super Ses-rondte se tabel oorgedra. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die groepfase.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die Super Ses het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Craig Wishart en Grant Flower teken 166 lopies om die derde paaltjie aan, die destyds hoogste Zimbabwiese paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd – later oortref teen Kanada tydens die 2011-toernooi.[20]
Zimbabwe wen die wedstryd sonder ’n teenstander (sonder dat ’n bal geboul is) Harare Sportklub, Harare, Zimbabwe Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en David Orchard (Aus) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
geen loot nie
Engeland verbeur die wedstryd weens veiligheidskwessies.[6][21]
Pakistan wen met 97 lopies Bolandpark, Paarl, Suid-Afrika Bywoning: 5 508 Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Srinivas Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Mohammad Yousuf (Pak)
Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Australië se oorwinning met 256 lopies is die destyds grootste in die krieketwêreldbekergeskiedenis en oortref Engeland se vorige rekord tydens die 1975-toernooi – later oortref deur Indië teen Bermuda tydens die 2007-toernooi.[34]
Onbeslis Queens Sportklub, Bulawayo, Zimbabwe Bywoning: 3 964 Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Asoka de Silva (SL) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Die wedstryd se begin is weens reën vertraag en twee keer gestaak, waarna dit tot 38 boulbeurte per span verkort is.
Ná verdere reën is die wedstryd ná 14 boulbeurte afgelas.
Wes-Indië wen met drie lopies Nuweland, Kaapstad, Suid-Afrika Bywoning: 24 222 Skeidsregters: Daryl Harper (Aus) en Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Ind) Speler van die wedstryd: Brian Lara (WI)
Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Brian Lara (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[19]
Wes-Indië teken die destyds hoogste krieketwêreldbekertelling teen Suid-Afrika aan – later oortref deur Australië tydens die 2007-toernooi.[39]
Suid-Afrika is vir ’n stadige boultempo met een boulbeurt beboet.
Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Ramnaresh Sarwan en Ridley Jacobs (albei WI) teken 98 lopies om die sewende paaltjie aan, die destyds hoogste sewende paaltjievennootskap in ’n krieketwêreldbekerwedstryd.[42]
Kenia wen met vier paaltjies Nuweland, Kaapstad, Suid-Afrika Bywoning: 12 291 Skeidsregters: Arani Jayaprakash (Ind) en Nadeem Ghauri (Pak) Speler van die wedstryd: Thomas Odoyo (Ken)
Kanada het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Onbeslis Willowmoore-park, Benoni, Suid-Afrika Bywoning: 4 323 Skeidsregters: Russell Tiffin (Zim) en Brian Jerling (RSA) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Slegs 8.1 boulbeurte van Bangladesj se kolfbeurt is gespeel voordat reën ingesak het.
Sri Lanka wen met nege paaltjies Bolandpark, Paarl, Suid-Afrika Bywoning: 3 298 Skeidsregters: Neil Mallender en David Shepherd (Eng) Speler van die wedstryd: Prabath Nissanka (SL)
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Kenia wen die wedstryd sonder ’n teenstander (sonder dat ’n bal geboul is) Gymkhana Klubveld, Nairobi, Kenia Skeidsregters: Russell Tiffin (Zim) en Daryl Harper (Aus) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
geen loot nie
Nieu-Seeland verbeur die wedstryd weens veiligheidskwessies.[48]
Brian Lara (WI) teken die destyds vinnigste krieketwêreldbekervyftigtal aan (in 23 aflewerings) – later oortref deur Mark Boucher (RSA) teen Nederland tydens die 2007-toernooi.[49]
John Davison (Can) teken die destyds vinnigste krieketwêreldbekerhondertal aan (in 67 aflewerings)[50] – later oortref deur Matthew Hayden (Aus) teen Suid-Afrika tydens die 2007-toernooi.[51]
Sri Lanka wen met ses lopies Nuweland, Kaapstad, Suid-Afrika Bywoning: 19 148 Skeidsregters: Srinivas Venkataraghavan (Ind) en David Orchard (RSA) Speler van die wedstryd: Chaminda Vaas (SL)
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Australië, Indië, Zimbabwe, Sri Lanka, Kenia en Nieu-Seeland het die Super Ses-fase gehaal. Die punte wat oorgedra is, is soos volg bereken: Vier punte vir ’n oorwinning oor ’n ander kwalifiseerder, een vir ’n oorwinning oor ’n niekwalifiseerder, twee vir ’n afgelaste of onbesliste wedstryd teen ’n ander kwalifiseerder, 0.5 vir ’n afgelaste of onbesliste wedstryd teen ’n niekwalifiseerder.
Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Australië teken die hoogste telling deur ’n span in ’n krieketwêreldbekereindstryd aan.[11]
Ricky Ponting teken ook die destyds hoogste individuele telling (140) in ’n krieketwêreldbekereindwedstryd aan[11] – later oortref deur Adam Gilchrist (albei Aus) teen Sri Lanka tydens die 2007-eindstryd.[19]
Ricky Ponting teken ook die hoogste telling deur ’n kaptein in ’n krieketwêreldbekereindstryd aan.[11]
Ricky Ponting slaan die meeste sesse (8) in ’n enkele krieketwêreldbekerkolfbeurt[11] – gedeel met Imran Nazir (Pak) en Adam Gilchrist.
Sachin Tendulkar teken die destyds meeste lopies (673) tydens ’n enkele krieketwêreldbekertoernooi aan – later oortref deur Virat Kohli (albei Ind) tydens die 2023-toernooi.[63]
Adam Gilchrist neem die meeste paaltjiewagterstompe (21) in ’n enkele krieketwêreldbekertoernooi.[64]
Ricky Ponting (Aus) neem die meeste veldwerkervangste (11) in ’n enkele krieketwêreldbekertoernooi.[65]
Australië wen die Krieketwêreldbeker 2003 sonder ’n verlore wedstryd.[66][67]
↑ 6,06,1(en) Engel, Matthew, red. (13 Februarie 2003). "Pool A – 2003 World Cup – England v Zimbabwe". Wisden Cricketers' Almanack 2004. Wisden Cricketers' Almanack. Londen: John Wisden & Co. ISBN978-0-947766-83-2. Besoek op 20 Oktober 2024. {{cite book}}: Onbekende parameter |chapterurl= geïgnoreer (hulp)