Kuala Lumpur

Kuala Lumpur
كوالا لومڤور

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Maleisië Maleisië
 Deelstaat Federale distrik
 Koördinate 3°08′N 101°41′O / 3.133°N 101.683°O / 3.133; 101.683
 Stigting 1859
 Stadstatus 1 Februarie 1972
 Federale distrik 1 Februarie 1974
 Oppervlakte:  
 - Totaal 243,65 vk km
 Hoogte bo seevlak 66 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2024) 2 075 600
 - Bevolkingsdigtheid 8 500/vk km
 - Metropolitaanse gebied 8 815 630
 Tydsone UTC+8 (MST)
 Burgemeester (Datuk Bandar) Maimunah Mohd Sharif
 Amptelike webwerf dbkl.gov.my

Kuala Lumpur of Koeala Loempoer (Maleis: [ˈkwɑlɑlʊmpʊ] of plaaslik: [kwɑləlʊmpɔ, kɔlɔmpɔ]) is die hoofstad en grootste stad van Maleisië met 'n bevolking van meer as 2 miljoen mense in die stadsgebied en 8,8 miljoen in Groter Kuala Lumpur, wat ook as Klang Valley bekend staan. Klang Valley is sowel ten opsigte van sy bevolking asook sy ekonomie die vinnigste groeiende metropolitaanse gebied in die land.

Die Jamek-moskee by die samevloeiing van die Gombak- (links) en die Klangrivier (regs). Die vroegste nedersetting van Kuala Lumpur het aan die oostelike kant van die rivieroewer ontstaan (op die regterkant van die beeld)

As die setel van die Maleisiese parlement fungeer Kuala Lumpur as die wetgewende hoofstad van die land, terwyl die uitvoerende en regsprekende owerhede vanaf 1999 na Putrajaya verskuif is. Kuala Lumpur huisves daarnaas ook die ampswoning van die Maleisiese koning (Yang di-Pertuan Agong), die Istana Negra. Die stad is die beduidendste ekonomiese en kulturele sentrum van die land en word as 'n wêreld- of gamma-stad geklassifiseer.

Kuala Lumpur is die tuiste van die hoogste tweelinggebou in die wêreld, die Petronas-torings, wat 'n ikoon geword het vir Maleisië se futuristiese ontwikkeling.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Kuala Lumpur beteken modderige riviermond. Dit was oorspronklik 'n klein nedersetting van slegs 'n klein aantal huise by die samevloeiing van die Gombakrivier en die Klangrivier. Die stad is gevestig teen ongeveer 1857 toe die hoof van Klang, Raja Abdullah bin Raja Jaafar, met die hulp van sy broer Raja Juma'at van Lukut, fondse ingesamel het om 'n aantal Chinese mynwerkers van Lukut te huur om 'n nuwe myn te open in die area.

Klimaat

[wysig | wysig bron]
Kuala Lumpur soos vanuit die Internasionale Ruimtestasie gesien

Kuala Lumpur word deur die Titiwangsa-reeks in die ooste en Indonesië se Sumatra-eiland in die weste beskerm, en is beskut teen sterk wind. Dit het 'n tropiese reënwoudklimaat (Köppen-klimaatklassifikasie Af), warm, vogtig en sonnig, met oorvloedige reënval, veral gedurende die monsoonseisoen van Oktober tot Maart. Temperature is geneig om konstant te bly. Die maksimum wissel tussen 32 en 35 °C (en soms bo 38 °C), terwyl minimums tussen 23,4 en 24,6 °C beweeg en nog nooit onder 17,8 °C gedaal het nie.[1] Kuala Lumpur ontvang tipies jaarliks ​​minstens 2 600 mm (100 duim) reën; Junie tot Augustus is relatief droog, maar selfs dan oorskry reënval gewoonlik 131 millimeter per maand. Kuala Lumpur is hoogs geneig tot erge donderstorms en weerlig. Die Klang-vallei, insluitend Kuala Lumpur, is een van die plekke waar donderstorms die meeste op aarde waargeneem word.

Oorstromings kom gereeld in Kuala Lumpur voor ná swaar reënbuie, veral in die middestad, omdat rioolinfrastruktuur agter gebly het met die intense ontwikkeling in die stad.[2] Rook van bosbrande in die nabygeleë Sumatra en Kalimantan gooi soms 'n waas oor die streek, en is 'n groot bron van lugbesoedeling, tesame met oop verbranding, uitlaatgasse van motors en konstruksie.[3]

Weergegewens vir Kuala Lumpur
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Hoogste maksimum (°C) 38,0 36,2 36,7 37,2 38,5 36,6 36,3 38,0 35,8 37,0 36,0 35,5 38,5
Gemiddelde maksimum (°C) 32,0 32,8 33,1 33,1 33,0 32,8 32,8 32,3 32,1 32,0 31,7 31,5 32,4
Gemiddelde temperatuur (°C) 27,7 28,2 28,6 28,7 28,8 28,6 28,1 28,1 28,0 28,0 27,8 27,6 28,2
Gemiddelde minimum (°C) 23,4 23,6 24,0 24,3 24,6 24,3 23,8 23,9 23,8 24,0 23,8 23,6 23,9
Laagste minimum (°C) 17,8 18,0 18,9 20,6 20,5 19,1 20,1 20,0 21,0 20,0 20,7 19,0 17,8
Sonskynure (u/d) 5,97 6,87 6,71 6,63 6,67 6,48 6,46 6,10 5,46 5,46 5,08 5,25 6,1
Reëndae (d) 17 17 19 20 18 14 16 16 19 21 24 22 223
Humiditeit (%) 80 80 80 82 81 80 79 79 81 82 84 83 80,9
Bron: Weather Atlas[4]

Regering

[wysig | wysig bron]
Die Kuala Lumpur-stadsaal

Kuala Lumpur was geadministreer deur 'n korporasie genoem die "Federal Capital Commissioner" vanaf 1 April 1961, totdat dit stadserkenning gekry het in 1972, waarna dit oorgegee is aan die burgemeester (Datuk Bandar).[5]

Distrikte

[wysig | wysig bron]
Distrikte (divisies) van Kuala Lumpur

Kuala Lumpur se elf distrikte dien as administratiewe subdivisies onder die Kuala Lumpur stadsaaloutoriteit. Twee distrikte lê aan die Weste: Segambut en Lembah Pantai; terwyl Kepong, Batu en Wangsa Maju noord lê; Setiawangsa, Titiwangsa en Cheras aan die Ooste; Seputeh en Bandar Tun Razak aan die Suide; en Bukit Bintang in sentraal-Kuala Lumpur.

  1. Bukit Bintang
  2. Titiwangsa
  3. Setiawangsa
  4. Wangsa Maju
  5. Sentul
  6. Kepong
  7. Segambut
  8. Lembah Pantai
  9. Seputeh
  10. Bandar Tun Razak
  11. Cheras

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Weather in KL". Welcome-KL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2013. Besoek op 10 Julie 2012.
  2. "Kuala Lumpur Environment". Kuala Lumpur City Hall. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2008. Besoek op 12 Desember 2007.
  3. "Hazardous haze shrouds Kuala Lumpur". NBC News. 11 Augustus 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2013. Besoek op 13 Desember 2007.
  4. "Kuala Lumpur, Malaysia – Climate data". Weather Atlas. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2017. Besoek op 29 Maart 2017.
  5. (en) "DBKL History". Kuala Lumpur City Hall. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2015. Besoek op 29 April 2015.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]