Sy vroeë werk by die Deutsche Oper Berlin waar hy gedien het as direkteur van repetisies vir Wilhelm Furtwängler en Erich Kleiber is egter kortgeknip toe die regering van die NSDAP hom van sy pos verwyder het omdat hy Joods was.[1] Hy het toe in 1936 na die Sowjetunie uitgewyk waar hy met die Moskou Radio-simfonieorkes gewerk het. Hy het in 1939 dirigent van die Kharkiv (nou Kharkov) Filharmoniese Orkes geword.[2] Hy het gedurende die beleg van Leningrad in Novosibirsk, Siberië, gewerk.[3]
Sanderling was van 1942 tot 1960 saam met Jefgeni Mrawinski gesamentlike hoofdirigent van die Leningrad Filharmoniese Orkes. Hy het om en by 1942-1943 die eerste keer met Dmitri Sjostakowitsj kennis gemaak, welke die begin was van hul professionele werksverhouding en persoonlike vriendskap.[1][2]
Sanderling het in 1960 na Oos-Duitsland teruggekeer ten einde die hoofdirigentskap van die Berlyn Simfonieorkes op te neem. Hy sou tot 1977 daar bly. Hy was ook van 1964 tot 1967 hoofdirigent van die Dresden Staatskapelle. Hy het in 1970 sy Britse buiging gemaak. Sy eerste verskyning as gasdirigent saam met die Philharmonia Orchestra was in 1972 as plaasvervanger vir Otto Klemperer. Hulle werksverhouding het verder ontwikkel na 'n reeks uitvoerings in Januarie 1980 van die volledige simfonieë van Beethoven by Wembley, en 'n daaropvolgende kommersiële opname van die Beethoven simfonieë vir EMI. Die Philharmonia het Sanderling in 1996 as die orkes se Emeritus Dirigent aangestel.[2] Hy was ook Emeritus Dirigent van die Madrid Simfonieorkes.[4] Hy het gereeld in die VSA as gasdirigent opgetree saam met die Los Angeles Filharmoniese Orkes.[5]
Sanderling het in Mei 2002 sy uittrede aangekondig.[5] Sanderling was in September 2002 aangestel as 'n kommandeur van die orde van die Britse ryk, en die Ernst Reuter Gedenkplaat van Berlyn is ook aan hom toegeken.[6] Bykomend tot sy Philharmonia Beethoven simfoniese siklus, sluit sy kommersiële opnames die Beethoven klavierconcertos saam met die pianis Mitsuko Uchida in;[7] Nos. 3, 4 saam met die Koninklike Concertgebouw-orkes en Nos. 1, 2 en 5 saam met die Beiere Radio-simfonieorkes. Hy was een van die eerste dirigente om Deryck Cooke se voltooiing van Gustav Mahler se 10de Simfonie uit te voer en op te neem, welke sy vriend Berthold Goldschmidt die eerste uitvoering van gegee het.
Sanderling het op 18 September 2011 in Berlyn beswyk, te wete een dag voor sy 99ste verjaardag.[8][9][10] Hy was twee keer getroud. Sy eerste troue met Nina Bobath het in 1941 plaasgevind, waaruit 'n seun, Thomas Sanderling, gebore is, wie ook 'n dirigent sou word. Sy eerste huwelik het in die skeihof geëindig na sy terugkeer na Oos-Duitsland. Sy tweede vrou was Barbara Wagner, 'n dubbelbasspeelster in die Berlyn Simfonieorkes. Hulle is in 1963 getroud,[6] en hulle huwelik het twee seuns voortgebring, die dirigent Stefan Sanderling, en die tjellis/dirigent Michael Sanderling. Hy word oorleef deur sy tweede vrou en sy drie seuns.[2]
2002: Kurt Sanderling & Ulrich Roloff-Momin: Andere machen Geschichte, ich machte Musik. Parthas, Berlyn 2002, 431 bls., ill., discographie, ISBN 3-932529-35-9, (Biografie; in Duits)
↑ 6,06,1"Kurt Sanderling". Telegraph (in Engels). 19 September 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2019. Besoek op 27 Augustus 2015.
↑Nicholas Wroe (20 Desember 2002). "Fingers on the pulse". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 27 Augustus 2015.