Lech Wałęsa | |
Lech Wałęsa in 2009 | |
2de President van Pole
| |
Ampstermyn 22 Desember 1990 – 22 Desember 1995 | |
Eerste minister | Tadeusz Mazowiecki Jan Krzysztof Bielecki Jan Olszewski Waldemar Pawlak Hanna Suchocka Waldemar Pawlak Józef Oleksy |
---|---|
Voorafgegaan deur | Wojciech Jaruzelski (Pole), Ryszard Kaczorowski (in ballingskap) |
Opgevolg deur | Aleksander Kwaśniewski |
Voorsitter van die Solidarność
| |
Ampstermyn 14 Augustus 1980 – 12 Desember 1990 | |
Voorafgegaan deur | Amp is nuut geskep |
Opgevolg deur | Marian Krzaklewski |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 29 September 1943 Popowo, Pole |
Politieke party | Onafhanklik/Solidarność |
Eggenoot/-note | Danuta Gołoś (1969–hede) |
Kind(ers) | 8 |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Handtekening | |
Toekennings | Nobelprys vir Vrede (1983) |
Lech Wałęsa [ˈlɛx vaˈwɛ̃sa] (* 29 September 1943 in die dorp Popowo naby Lipno (Koejawië-Pommere, Pole) is 'n Poolse politikus, vakbondleier en Nobelpryswenner vir Vrede.
Wałęsa het 'n beroepsopleiding as elektrisiën gevolg en het in 1980 'n prominente rol tydens die stakings in Gdansk (Pools: Gdańsk) gespeel. Hy was een van die medestigters en tussen 1980 en 1990 ook die voorsitter van die onafhanklike Poolse vakbond Solidarność ("Solidariteit"). Ná die afkondiging van krygswet deur die kommunistiese Poolse bewind in 1981 is Wałęsa as een van die Kommunistiese Party se felste teenstanders onder huisarres geplaas, maar in 1982 weer vrygelaat.
As een van die leidende figure gedurende die periode van politieke omwenteling in Pole het Wałęsa ná sy verkiesing tot die amp van Staatspresident die politieke en ekonomiese transformasie van 'n sosialistiese stelsel tot 'n demokratiese vryemarkstelsel (die sogenaamde Derde Poolse Republiek) georganiseer. In 1998 is Wałęsa as voorsitter van die Christen-Demokratiese Party van Pole verkies, en in 1983 is die Nobelprys vir Vrede aan hom toegeken.[1]