Lemoenvlinder | |
---|---|
Bo- en ondersy | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. demodocus
|
Binomiale naam | |
Papilio demodocus | |
Sinonieme | |
|
Die lemoenvlinder (Papilio demodocus) is 'n groot swaelstertvlinder inheems aan die oorgrote deel van sub-Sahara Afrika, insluitend Madagaskar, benewens die suidelike Arabiese Skiereiland. Die ruspes benut verskillende plantspesies as voedsel, maar veral dié van die familie Rutaceae, wat verboude sitrus insluit. Omdat hulle sitrusblare vreet word die lemoenvlinder as 'n pesspesie beskou.[3]
Lemoenvlinders gaan deur ongeveer drie geslagte per jaar. Hul eiers word op sitrusblare gelê.
Die vroulike vlinder plaas haar eiers op die oppervlakte van 'n sitrusblaar. Na sowat ses dae broei die larwe (ruspe) uit die eier.
Die onvolwasse larwe is swart en geel, met wit stekels. Hul kleur verskaf goeie kamoeflering, aangesien hulle lyk na voëlmis. Hulle groei tot 'n lengte van 10 tot 15 mm voor hulle in volwasse larwes verander.
Die volwasse larwe (of ruspe) is groen met wit of rooskleurige merke en oogkolle. Hulle groei tot 'n maksimumlengte van sowat 45 mm.
By volwasse ruspes ontbreek die kamoeflering van hul vroeëre stadia. Instede stoot hulle 'n gevurkte oranje orgaan uit, bekend as 'n osmaterium, wanneer hulle deur 'n voël of ander predator gekonfronteer word. Die orgaan gee 'n sterk reuk af wat die predator ontmoedig om dit as prooi te neem.
Die ruspes heg hulle aan takke deur middel van sy, en transformeer dan na papies. Hulle bly in die papiestadium vir 2–3 weke voor die volwassene, die vlinder, verskyn.
Die volwassene het swart- en geelgemerkte vlerke met rooi en blou oogkolle. Die vroulike skoenlappers neig om groter as die mannetjies te wees.
Lemoenvlinder eiers en papies word geparasiteer deur sekere soorte parasitiese wespes, veral die taksa Ooencyrtus (eierpredator) en Pteromalus puparum (papiepredator).