Karl Manne Georg Siegbahn (Sweeds: [ˈmanɛː ˈsiːgbɑːn]; 3 Desember 1886 – 26 September 1978)[1] was 'n Sweedse fisikus wat die Nobelprys vir Fisika in 1924 ontvang het “vir sy ontdekkings en navorsing op die gebied van X-straalspektroskopie".[2][3]
Siegbahn is gebore in Örebro, Swede, die seun van Georg Siegbahn en sy vrou, Emma Zetterberg.[4]
Hy het in 1906 in Stockholm gegradueer en in dieselfde jaar aan die Lund Universiteit begin.[5] Tydens sy opleiding was hy sekretariële assistent van Johannes Rydberg.[6] In 1908 studeer hy aan die Universiteit van Göttingen.[7] Hy verwerf sy doktorsgraad (PhD) aan die Lund Universiteit in 1911, sy proefskrif was getiteld Magnetische Feldmessungen (magnetiese veldmetings). Hy het waarnemende professor vir Rydberg geword toe sy (Rydberg se) gesondheid verswak het, en het hom in 1920 as volle professor opgevolg.[8] In 1922 het hy Lund egter verlaat vir 'n professoraat aan die Universiteit van Uppsala.[9] In 1937 is Siegbahn aangestel as Direkteur van die Fisika Departement van die Nobel Instituut van die Koninklike Sweedse Akademie van Wetenskappe. In 1988 is dit herdoop na die Manne Siegbahn Instituut (MSI).[11] Die navorsingsgroepe van die instituut is sedertdien herorganiseer, maar die naam leef voort in die Manne Siegbahn-laboratorium wat deur die Universiteit van Stockholm aangetref word.
Manne Siegbahn het sy studies van X-straalspektroskopie in 1914 begin. Aanvanklik het hy dieselfde tipe spektrometer gebruik as wat Henry Moseley gedoen het om die verband tussen die golflengte van sommige elemente en hul plek by die periodieke stelsel te vind. Kort daarna het hy verbeterde eksperimentele apparaat ontwikkel wat hom in staat gestel het om baie akkurate metings te maak van die X-straalgolflengtes wat deur atome van verskillende elemente geproduseer word. Hy het ook gevind dat verskeie van die spektrale lyne wat Moseley ontdek het uit meer komponente bestaan. Deur hierdie komponente te bestudeer en die spektrometer te verbeter, het Siegbahn 'n byna volledige begrip van die elektronskil gekry.[10] Hy het 'n konvensie ontwikkel vir die benoeming van die verskillende spektrale lyne wat kenmerkend is vir elemente in X-straalspektroskopie, die Siegbahn-notasie. Siegbahn se presisiemetings het baie ontwikkelings in kwantumteorie en atoomfisika aangedryf.[11]
Siegbahn is in 1924 met die Nobelprys vir Fisika bekroon. Hy het die Hughes-medalje 1934 en Rumford-medalje 1940 gewen. In 1944 het hy die Siegbahn-pomp gepatenteer. Siegbahn is in 1954 tot 'n buitelandse lid van die Royal Society verkies. [12]
Daar is 'n straat, Route Siegbahn, vernoem na Siegbahn by CERN, op die Prévessin-terrein in Frankryk.
Siegbahn is in 1914 getroud met Karin Högbom. Hulle het twee kinders gehad: Bo Siegbahn (1915–2008), 'n diplomaat en politikus, en Kai Siegbahn (1918–2007), 'n fisikus wat in 1981 die Nobelprys vir Fisika ontvang het vir sy bydrae tot die ontwikkeling van X-straalfoto-elektronspektroskopie.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)