Messier 103 | ||||
![]() | ||||
(Foto met vergunning van Adam Block) | ||||
Soort stelsel | Oop sterreswerm | |||
Sterrebeeld | Kassiopeia | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 01h 33,2m | |||
Deklinasie | +60º 42' | |||
Skynmagnitude | 7,4 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 10 000 | |||
Skynbare grootte | 6 boogminute | |||
Ander name | M103, NGC 581 | |||
|
Messier 103 of M103 (ook bekend as NGC 581) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Kassiopeia. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Dit is een van die verste oop swerms, met ’n afstand van tussen 8 000 en 9 500 ligjare van die Aarde af.[1][2] Die helderste sterre is rooireuse met ’n skynbare helderheid van 10,5 en 10,8 mag. M103 is sowat 25 miljoen jaar oud.[2]
Ná Méchain se ontdekking van Messier 101, M102 en M103 in 1781 het Messier nie self die geleentheid gehad om die sterreswerms van naderby te bestudeer voordat hy hulle by sy katalogus gevoeg het nie.[3][4] In 1783 het William Herschel M103 bestudeer en gesê daar is 14 tot 16 taamlike groot sterre, waarvan baie dof is.[5] Sterrekundiges het daarna die getal opgestoot na 40, later 60 en eindelik 172 sterre.[3]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)