Messier 109 | ||||
Soort stelsel | Staafspiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Groot Beer | |||
Tipe | SB(rs)bc, LINER/HII | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 11h 57m 36s | |||
Deklinasie | +53º 22' 28" | |||
Skynmagnitude | 10,6 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 83,5 miljoen | |||
Skynbare grootte | 7,6 × 4,7 boogminute | |||
Ander name | M109, NGC 3992, MCG +09-20-044, PGC 037617, IRAS 11549+5339, UGC 6937 | |||
|
Messier 109 of M109 (ook bekend as NGC 3992) is ’n staafspiraalsterrestelsel sowat 83,5 miljoen ligjare[1] van die Aarde af in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en is eers heelwat later amptelik aanvaar as lid van Charles Messier se katalogus van komeetagtige voorwerpe.
M109 is die helderste sterrestelsel in die M109-groep, ’n groot groep sterrestelsels in die Groot Beer met dalk meer as 50 stelsels.[2][3][4] Dit het drie satelliet-sterrestelsels (UGC 6923, UGC 6940 en UGC 6969) en dalk meer.
In Maart 1956 is die tipe 1a-supernova 1956A in M109 gesien. Dit het ’n maksimum skynbare helderheid van 12,3 mag gehad.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)