Messier 110 | ||||
Soort stelsel | Elliptiese dwergsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Andromeda | |||
Tipe | E5 pec | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 00h 40m 22,1s | |||
Deklinasie | +41º 41' 07" | |||
Skynmagnitude | 8,92 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 2,69 miljoen | |||
Skynbare grootte | 21,9 × 11 boogminute | |||
Rooiverskuiwing | -0,000804 ± 0,000010 | |||
Ander name | M110, NGC 205, PGC 002429, MCG +07-02-014, IRAS 00376+4124, LEDA 2429 | |||
|
Messier 110 of M110 (ook bekend as NGC 205) is ’n elliptiese dwergsterrestelsel, en ’n satelliet-stelsel van die Andromeda-sterrestelsel.[1] Dit bevat ’n bietjie stof en tekens van stervorming, wat ongewoon is in ’n elliptiese dwergsterrestelsel.[1]
Anders as Andromeda se ander satellietstelsel, Messier 32, toon NGC 205 nie tekens van ’n supermassiewe swartkolk in sy kern nie.[2] In 1999 het Johnson en Modjaz ’n nova in M110 ontdek.[3]
Hoewel Charles Messier die sterrestelsel nooit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem het nie, het hy dit saam met Messier 32 op ’n tekening van die Andromeda-sterrestelsel aangebring. Volgens ’n nota op die tekening het Messier NGC 205 op 10 Augustus 1773 die eerste keer waargeneem.[4]
M110 is in 1783 onafhanklik deur Caroline Herschel ontdek en haar broer, William Herschel, het haar ontdekking in 1785 beskryf.[4] Die voorstel om dit in die Messier-katalogus op te neem, is in 1967 deur Kenneth Glyn Jones gedoen.[5] Dit is die laaste voorwerp wat in die katalogus opgeneem is.