Messier 28 | ||||
![]() | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Boogskutter | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 18h 24m 32,89s | |||
Deklinasie | -24º 52' 11,4 | |||
Skynmagnitude | 7,66 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 17 900 (5 500 parsek) | |||
Skynbare grootte | 11′.2 | |||
Ander name | NGC 6626, GCl 94 | |||
|
Messier 28 of M28 (ook bekend as NGC 6626) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is op 27 Julie 1764 deur Charles Messier ontdek[1] en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
In die lugruim is dit minder as ’n graad noordwes van die ster Kaus Borealis, wat ’n helderheid van 3 mag het. Deur ’n verkyker is dit sigbaar as ’n mistige kol.
M28 is sowat 17 900 ligjare van die Aarde af.[2] Dit is 2 miljard jaar oud[3] en het ’n massa van 551 000 sonmassas. Daar is 18 veranderlike sterre in die swerm. In 1986 was dit die eerste bolvormige sterreswerm waarin ’n millisekonde-pulsar, PSR B1821–24, gevind is.[4] Sedertdien is nog 11 gevind. In 2011 was dit die derde grootste bekende getal pulsars in ’n swerm.[5]