Messier 39 | ||||
![]() | ||||
Bron: MASS/Nasa | ||||
Soort stelsel | Oop sterreswerm | |||
Sterrebeeld | Swaan | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 31m 42s | |||
Deklinasie | +48º 25' | |||
Skynmagnitude | 5,5 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 824,4 ligjare (252,8 parsek) | |||
Ander name | M39, NGC 7092 | |||
|
Messier 39 of M39 (ook bekend as NGC 7092) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Swaan. Dit is in 1764 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Dit is sowat 824,4 ligjare (252,8 parsek) van die Aarde af en sowat 200 tot 300 miljoen jaar oud. Dit het ’n sigbare helderheid van 5,5 mag.