Messier 46 | ||||
Soort stelsel | Oop sterreswerm | |||
Sterrebeeld | Agterdek | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 07h 41,8m | |||
Deklinasie | -14º 49' | |||
Skynmagnitude | 6,1 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 5 400 ligjare (1 700 parsek) | |||
Skynbare grootte | 27 boogminute | |||
Ander name | M46, NGC 2437 | |||
|
Messier 46 of M46 (ook bekend as NGC 2437) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Agterdek. Dit is in 1771 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Die sterreswerm is sowat 5 500 ligjare van die Aarde af en sy geraamde ouderdom is verskeie honderdmiljoene jare.[1] Dit lyk of die planetêre newel NGC 2438 in die swerm aan sy noordelike rand lê, maar dit is waarskynlik onverwant omdat sy radiale snelheid verskil van die swerm s'n.[1][2]
M46 is sowat 1 graad oos van Messier 47 in die lug en die twee oop swerms kan saam gesien word met ’n verkyker of wye teleskopiese veld.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)