Die sterrestelsel het twee duidelik afgebakende spiraalarms. Die lae oppervlakhelderheid maak dit die moeilikste Messier-voorwerp vir amateur-sterrekykers om te sien.[3][2] M74 huisves na raming sowat 100 miljard sterre.[1]
Twee supernovas is al in M74 waargeneem:[4] SN 2002ap[5] en SN 2003gd.[6] SN 2002ap het besondere belangstelling gewek omdat dit een van die min tipe Ic-supernovas (of hipernovas) is wat in onlangse jare binne 10 miljoen parsek van die Aarde af gesien is.[7][8][9]
SN 2003gd is a Tipe II-P-supernova.[10] Tipe II-supernovas het bekende helderhede en hul afstande kan dus akkuraat gemeet word. Deur SN 2003gd te gebruik, kan die afstand na M74 bepaal word as 9,6 ± 2,8 megaparsek, of 31,9 miljoen ligjare.[11]
M74 is die helderste stelsel in die M74-groep, ’n groep van 5-7 sterrestelsels, insluitende die eienaardige spiraalstelsel NGC 660 en ’n paar onreëlmatige stelsels.[12][13][14]
Op 22 Maart 2005 is aangekondig[15] dat die X-straal-ruimtesterrewag Chandra ’n ultrahelder X-straalbron in M74 waargeneem het wat meer X-straalkrag uitstraal as ’n neutronster – met intervalle van sowat twee uur. Dit het ’n geraamde massa van sowat 10 000 sonmassas. Dit dui op ’n swartkolk van mediumgrootte. Dit is ’n ongewone soort swartkolk, iewers tussen die grootte van gewone stellêre swartkolke en massiewe swartkolke wat teoreties voorkom in die middel van die meeste sterrestelsels. Die X-straalbron is geïdentifiseer as CXOU J013651.1+154547.
↑S. Nakano, R. Kushida, Y. Kushida, W. Li (2002). "Supernova 2002ap in M74". IAU Circular. 7810: 1. Bibcode:2002IAUC.7810....1N.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
↑R. Evans, R. H. McNaught (2003). "Supernova 2003gd in M74". IAU Circular. 8150: 2. Bibcode:2003IAUC.8150....2E.
↑P.A. Mazzali, J. Deng, K. Maeda, K. Nomoto, H. Umeda, K. hatano, K. Iwamoto, Y. Yoshii, Y. Kobayashi, T. Minezaki, M. Doi, K. Enya, H. Tomita, S.J. Smartt, K. Kinugasa, H. Kawakita, K. Ayani, T. Kawabata, H. Yamaoka, Y.L. Qiu, K. Motohara, C.L. Gerardy, R. Fesen, K.S. Kawabata, M. Iye, N. Kashikawa, G. Kosugi, Y. Ohyama, M. Takada-Hidai, G. Zhao, R. Chornock, A.V. Filippenko, S. Benetti, M. Turatto (2002). "The Type Ic Hypernova SN 2002ap". Astrophysical Journal. 572 (1): L61–L65. Bibcode:2002ApJ...572L..61M. doi:10.1086/341504.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
↑S. J. Smartt, P. M. Vreeswijk, E. Ramirez-Ruiz, G. F. Gilmore, W. P. S. Meikle, A. M. N. Ferguson, J. H. Knapen (2002). "On the Progenitor of the Type Ic Supernova 2002ap". Astrophysical Journal. 572 (2): L147–L151. arXiv:astro-ph/0205241. Bibcode:2002ApJ...572L.147S. doi:10.1086/341747.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
↑M.A. Hendry, S.J. Smartt, J.R. Maund, A. Pastorello, L. Zampieri, S. Benetti, M. Turatto, E. Cappellaro, W.P.S. Meikle, R. Kotak, M.J. Irwin, P.G. Jonker, L. Vermaas, R.F. Peletier, H. van Woerden, K.M. Exter, D.L. Pollacco, S. Leon, S. Verley, C.R. Benn, G. Pignata (2005). "A study of the Type II-P supernova 2003gd in M74". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 359 (3): 906–926. arXiv:astro-ph/0501341. Bibcode:2005MNRAS.359..906H. doi:10.1111/j.1365-2966.2005.08928.x.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
↑R. B. Tully (1988). Nearby Galaxies Catalog. Cambridge University Press. ISBN0-521-35299-1.
↑A. Garcia (1993). "General study of group membership. II – Determination of nearby groups". Astronomy and Astrophysics Supplement. 100: 47–90. Bibcode:1993A&AS..100...47G.