Messier 92 | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Hercules | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17h 17m 07,39s | |||
Deklinasie | +43º 08' 09,4" | |||
Skynmagnitude | 6,3 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 26 700 | |||
Skynbare grootte | 14 boogminute | |||
Massa | 2 × 105 M☉ | |||
Ander name | M92, NGC 6341, GCl 59 | |||
|
Messier 92 of M92 (ook bekend as NGC 6341) is ’n bolvormige sterreswerm sowat 26 700 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Hercules. Dit is in 1777 deur Johann Elert Bode ontdek en twee jaar later in die Berliner Astronomisches Jahrbuch gepubliseer.[1] Charles Messier het die bolswerm in 1781 onafhanklik ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.[2]
M92 is een van die helderste bolswerms aan die noordelike hemelruim, maar word dikwels deur amateur-sterrekykers misgekyk vanweë sy nabyheid aan die selfs skouspelagtiger Messier 13. Dit is in goeie sigtoestande met die blote oog sigbaar.[3]
Van die bolswerms in die Melkweg is M92 een van die helderstes wat betref absolute magnitude. Dit is ook een van die oudstes – sowat 14,2 ± 1,2 miljard jaar, rofweg so oud soos die heelal.[4] Dit lyk effens plat, met die kortas wat sowat 89% ± 3% so lank soos die hoofas is.[5] Nes die meeste ander bolswerms het M92 baie min elemente benewens waterstof en helium, dus elemente wat sterrekundiges metale noem.