Natal (kolonie)

Colony of Natal
Natalkolonie

Flag
1843–1910
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Volkslied:
God Save the King (1901–1910)
God Save the Queen (1843–1901)
Ligging of Natalkolonie
Ligging of Natalkolonie
Ligging van die Natalkolonie tussen 1843 en 1910
Hoofstad Pietermaritzburg
29°35′S 30°25′O / 29.583°S 30.417°O / -29.583; 30.417
Taal/Tale Afrikaans, Engels, Zoeloe
Godsdiens Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikaanse Kerk, Hindoeïsme, Presbiteriaanse Kerk, Rooms-Katolieke Kerk
Regering Monargie
Monarg
 - 1843–1901 Victoria
 - 1901–1910 Edward VII
 - 1910 George V
Eerste minister
 - 1893–1897 John Robinson
 - 1906–1910 Frederick Robert Moor
Luitenant-goewerneur
 - 1845–1849 Martin West
 - 1910 Paul Methuen
Historiese tydperk Wedloop om Afrika
 - Stigting van die Natalkolonie 4 Mei 1843
 - Verowering van die Natalia Republiek 12 Mei 1843
 - Zoeloe-koninkryk geannekseer 1897
 - Stigting van die Unie van Suid-Afrika 31 Mei 1910
 - Stigting van die Natalprovinsie 31 Mei 1910
Oppervlakte
 - 1904[1] 91 610 km2
35 371 sq mi
Bevolking
 - 1904[1] skatting 1 108 754 
     Digtheid 12,1 /km² 
31,3 /sq mi
Geldeenheid Pond sterling

Natal (Engels: Colony of Natal) was 'n Britse kolonie in Suider-Afrika. Dit is op 4 Mei 1843 'n Britse kolonie verklaar nadat die Britse regering die Boererepubliek Natalia geannekseer het. Die kolonie is op 31 Mei 1910 saam met drie ander kolonies verbind om die Unie van Suid-Afrika te vorm. Die ou kolonie maak vandag deel uit van die Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal.

Detail van 'n skildery wat die Slag van Rorke's Drift uitbeeld tydens die Anglo-Zoeloeoorlog, 11 Januarie – 4 Julie 1879

Natal was oorspronklik net die helfte van die grootte van die huidige provinsie, met die noordoostelike grense wat deur die Tugela- en Buffelsriviere gevorm is en waarbuite die onafhanklike Zoeloe-koninkryk (of Wene wa Zulu in Zoeloe) gelê het. Die huidige provinsie is ook vergroot met die toevoeging van Griekwaland-Oos aan die suide.

Hewige konflik met die Zoeloe-bevolking het tot die ontruiming van Durban gelei, en uiteindelik het die Boere die Britse anneksering in 1844 weens militêre druk aanvaar. 'n Britse goewerneur is vir die streek aangestel en menige setlaars het daarheen uit die Kaapkolonie en Europa geëmigreer.

Die Britte het 'n suikerrietbedryf in die 1860's gestig. Plaaseienaars het dit moeilik gevind om die Zoeloe-arbeiders te lok om in die plantasies te werk; gevolglik het die Britte duisende gekontrakteerde arbeiders uit Indië met vyfjaar-termyne na Natal gebring. As 'n gevolg van die aankoms van Indiese arbeid het Durban tot die grootste Asiaties-Suid-Afrikaanse gemeenskap gegroei. Durban en omstreke is ook bekend om tans die grootste Indiërgemeenskap buite Indië te huisves.

Eerste ministers

[wysig | wysig bron]
# Naam Party Ampsaanvaarding Amp verlaat
1 John Robinson Onafhanklik 10 Oktober 1893 14 Februarie 1897
2 Harry Escombe Onafhanklik 15 Februarie 1897 4 Oktober 1897
3 Henry Binns Onafhanklik 5 Oktober 1897 8 Junie 1899
4 Albert Henry Hime Onafhanklik 9 Junie 1899 17 Augustus 1903
5 George Morris Sutton Onafhanklik 18 Augustus 1903 16 Mei 1905
6 Charles John Smythe Onafhanklik 16 Mei 1905 28 November 1906
7 Frederick Robert Moor Onafhanklik 28 November 1906 28 April 1910

Demografie

[wysig | wysig bron]

Rasverdeling

[wysig | wysig bron]

Bevolkingsgetalle volgens die 1904-sensus:[2]

Bevolkingsgroep Getal Persent
(%)
Swartes 904 041 81,53
Asiërs 100 918 9,10
Blankes 97 109 8,75
Kleurlinge 6 686 0,60
Totaal 1 108 754 100,00


Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Leverton, B.J.T.: The European settlement of Natal. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 19, nr. 3, Maart 1970

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Census of the British empire. 1901". Openlibrary.org. 1906. p. 161. Besoek op 30 September 2014.
  2. (en) Smuts I: The Sanguine Years 1870–1919, W.K. Hancock, Cambridge University Press, 1962, bl. 219