Noam Chomsky | |
---|---|
![]() Noam Chomsky in 2004 | |
Gebore | Avram Noam Chomsky 7 Desember 1928 |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep | Akademikus |
Bekend vir | Akademiese prestasies, politieke aktivis, anargis |
Titel | Professor |
Avram Noam Chomsky (gebore 7 Desember 1928) is 'n Amerikaanse taalkundige, filosoof,[1][2] kognitiewe wetenskaplike, logikus,[3][4][5] politieke kommentator, sosiale aktivis, voorstander van anargo-sindikalisme,[6] skrywer en dosent. Chomsky is 'n emeritus hoogleraar in taalkunde aan die Massachusetts Institute of Technology (MIT). Hy het al meer as 100 boeke geskryf en word soms die "vader van moderne taalkunde" genoem.[7][8] Hy is ook 'n prominente kulturele figuur en is in 2005 as die "wêreld se top openbare intellektueel" aangewys.[9]
Chomsky het die teorie van generatiewe grammatika geskep. Dit is een van die belangrikste bydraes tot die veld van linguistiek in die 20ste eeu. Hy het ook gehelp met die kognitiewe rewolusie in sielkunde deur sy hersiening van B. F. Skinner se Verbal Behavior (Verbale Gedrag).[10] Hy bevraagteken die gedragtelike manier om na optrede en taal te kyk. Dit was die belangrikste benadering in die 1950's. Sy natuurlike benadering tot die studie van taal het die filosofie van taal en gees verander. Hy het ook die Chomsky-hiërargie bedink, 'n manier om na formele tale te kyk in terme van hul vermoeë om taal te verduidelik.
In die 1960's het Chomsky die Viëtnamoorlog gekritiseer. As gevolg hiervan het hy vir sy politieke standpunte bekend geword. Hy word as 'n belangrike intellektuele figuur binne die linkse geledere van die Amerikaanse politiek beskou. Chomsky is wyd bekend vir sy politieke aktivisme en sy kritiek teen die buitelandse beleide van die Verenigde State van Amerika en ander regerings. Chomsky verwys na homself as 'n sosialistiese liberalis en 'n anargis, en het omvattend oor die onderwerpe geskryf. Hy is 'n lid van die Industrial Workers of the World, en volg in die voetspore van sy vader, William Chomsky, wat ook 'n lid was.[11]
In 1956, the logician Noam Chomsky showed that there are only four basically different forms Church-Turing thesis of grammar, which, in decreasing order of sophistication, he called grammars of Type 0, 1, 2, and 3..
I think that this should be of sufficient interest to warrant some more detailed exhibition, especially since this insight is due to an important new, not to say revolutionary, view of the structure of language, recently outlined by the American linguist and logician Noam Chomsky [2], and could perhaps, in its turn and in due time, be turned into a new method of machine translation, which would be more complex than the known ones but also more effective..
Chomsky is a professional linguist, a competent mathematical logician, and a trained methodologist with a keen critical sense and an uncanny ability to follow the most abstruse mathematical argument or, if necessary, to produce one himself.
Mr. Chomsky...is the father of modern linguistics and remains the field's most influential practitioner.