Olga | |
---|---|
Grootprinses van Kiëf | |
Olga van Kiëf
| |
Bynaam | Olga die Heilige |
Periode | 945 – 963 |
Voorganger | Igor |
Opvolger | Swjatoslaf |
Huis | Rjoerik |
Eggenoot | Igor |
Kinders | O.a. Swjatoslaf |
Olga (Russies: Ольга; Oudnoors: Helga), ook genoem Olga die Heilige (Pskof, 881? – Kiëf, 11 Julie 969), uit die Rjoerik-dinastie was van 945 tot en met 963 regent van Kiëf-Roes. Volgens die Russiese Primêre Kronieke is sy in 879 gebore, maar dit sou beteken dat sy op 65-jarige leeftyd die lewe aan haar seun Swjatoslaf geskenk het.
Olga trou volgens oorlewering in 903 met die toekomstige grootprins Igor van Kiëf. In 945 word Igor deur die Drewljanen-stam vermoor. Sy dood word gewreek met verskeie veldtogte. So word daar glo by Igor se grafheuwel 5 000 Drewljane vermoor en by ander geleenthede word verskeie lede van die stam lewend verbrand. Ook is hul hoofstad, die huidige Korosten, glo afgebrand.
Ná Igor se dood word Olga regentes vir haar seun Swjatoslaf.
Olga is die eerste heerser van Kiëf-Roes wat haar tot die Christendom bekeer. Omstreeks 955 word sy in Konstantinopel gedoop en kry die naam Helena, na keiserin Helena Lecapena. Die seremonies rondom haar doop word in besonderhede beskryf deur keiser Konstantyn VII in sy boek De cerimoniis aulae byzantinae. In 959 vra sy keiser Otto I om ’n biskop te benoem om die kerstening van Kiëf-Roes te bespoedig, maar omdat net die pous ’n biskop kan benoem, word nie aan haar versoek voldoen nie.
In 1547 word sy deur die Russies-Ortodokse Kerk tot heilige verklaar vanweë haar pogings om die Christendom in haar ryk te versprei. Dit was egter haar kleinseun Wladimir wat eindelik die Christendom die amptelike godsdiens van die staat gemaak het.
Twee toekennings is ingestel wat na Olga genoem is. Albei is vir vroue wat ’n besonderse prestasie behaal het: