Spele van die XXXIIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 2024 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 2024), amptelik bekend as die Spele van die XXXIIIste Olimpiade, is tussen 26 Julie en 11 Augustus 2024 in Parys, Frankryk, aangebied. Dit was die 33ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 en die derde keer wat Parys die spele georganiseer het na hulle eerste spele in 1900 en daarna in 1924, presies 100 jaar gelede. Daarmee het Parys naas Londen die tweede stad geword wat driekeer Olimpiese Somerspele aangebied het. Ná die Rugbywêreldbeker 2023 was die Olimpiese Somerspele 2024 die tweede groot sportkompetisie in Frankryk binne een jaar. Tydens die geleentheid het 10 500 atlete uit 204 nasies aan 329 items in 32 verskillende sportsoorte deelgeneem.
Die opening- en sluitingseremonies het in Parys plaasgevind. Vir die eerste keer in die Olimpiese geskiedenis het die openingsseremonie egter nie in 'n stadion plaasgevind nie, die deelnemende lande se atlete het pleks daarvan op skepe die Seinerivier in Parys bevaar.[1] Soos gebruiklik is die lande in alfabetiese volgorde georden met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Caitlin Rooskrantz (gimnastiek) en Akani Simbine (atletiek) het die Suid-Afrikaanse vlag gedra.[2]
Die Paralimpiese Somerspele 2024 is tussen 4 en 15 September in Parys gehou.
Parys is op 13 September 2017 in Lima deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2024. Die Olimpiese Somerspele 2024 en 2028 is tegelyk toegeken, eersgenoemde aan Parys, Frankryk, en laasgenoemde aan Los Angeles, Verenigde State.[3]
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2024 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Stemme | ||||
Parys | Frankryk | Verkies as 2024-gasheer | ||||
Los Angeles | Verenigde State | Verkies as 2028-gasheer | ||||
Hamburg | Duitsland | onttrek | ||||
Rome | Italië | |||||
Boedapest | Hongarye |
Tydens die Olimpiese Somerspele 2024 was daar in nuwe Olimpiese sportsoorte soos verdere gemengde items meegeding. Onder die nuwe IOK-beleid, wat die gasheer toelaat om nuwe sportsoorte by die Olimpiese program ter aanvulling van die permanente kerngebeurtenisse te voeg, het tydens die Spele breekdans sy Olimpiese debuut gemaak, terwyl skaatsplankry, klimsport en branderplankry tydens die Olimpiese Somerspele 2020 in Tokio hul debuut gemaak het. Vier items is by gewigoptel verwyder. In kanovaart is twee snelitems vervang met twee slalomitems, waarmee die algehele items 16 gebly het. In klimsport is die vorige gekombineerde item opgedeel in twee verspeie dissiplines: spoedklim en rots-en-lood.[4]
32 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 329 medaljes oorhandig.
Die meeste van die Olimpiese gebeure is in en om Parys gehuisves, insluitende die voorstede Saint-Denis, Le Bourget, Nanterre, Versailles en Vaires-sur-Marne wat net buite die stad se omgewing is. Die basktelbalgroepfase en die handbaluitklopfase is in Lille beslis, die seilvaartitem in die kusoorde van Marseille, terwyl die branderplankry-wedstryde in Tahiti, Frans-Polinesië, aangebied is. Sokker is in die vyf Franse stede Bordeaux, Lyon, Nantes, Nice en Saint-Étienne aangebied.
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Stade Olympique Yves-du-Manoir | Veldhokkie | 15 000 | Opgeknap |
Stade de France | Sewesrugby | 77 083 | Klaar |
Atletiek (baan en veld) | |||
Sluitingseremonie | |||
Paris La Défense Arena | Watersport (swem, waterpolo-eindstryd) | 15 220 | |
Arena Porte de la Chapelle | Pluimbal | 8 000 | Bykomende |
Gimnastiek (ritmies) | |||
Centre Aquatique Olympique | Watersport (waterpologroepfase, sierduik, gesinchroniseerde swem) | 5 000 | |
Le Bourget | Klimsport | Tydelik | |
Parc des Expositions de Villepinte | Boks (groepfase, kwarteindrondte) | 6 000 | Klaar |
Moderne vyfkamp (skermsport) |
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Parc des Princes | Sokker (groepfase, kwarteindrondte en eindstryde) | 48 583 | Klaar |
Stade Roland Garros | Tennis | 36 000 (15 000 + 12 000 + 9 000) | |
Boks (eindstryde) | |||
Paris Expo Porte de Versailles | Vlugbal | 18 000 (12 000 + 12 000) | |
Tafeltennis | |||
Handbal (groepfase) | |||
Gewigoptel | |||
Accor Arena | Gimnastiek (artistiek en trampolien) | 15 000 | |
Basketbal (eindstryd) | |||
Grand Palais | Skermsport | 8 000 | |
Taekwondo | |||
Place de la Concorde | Basketbal (3x3) | 30 000 (algeheel) | Tydelik |
Breekdans | |||
Fietsry (BMX vryslag) | |||
Skaatsplankry | |||
Hôtel de Ville | Atletiek (maratonwegspringplek) | 1 500 | |
Pont Alexandre III | Watersport (maratonswem) | ||
Driekamp | |||
Fietsry (tydtoetsdoellyn) | |||
Trocadéro (Pont d’Iéna) | Atletiek (stapwedloop) | 13 000 (3 000 sitplekke) | |
Fietsry (pad) | |||
Eiffeltoringstadion (Champ de Mars) | Strandvlugbal | 12 000 | |
Grand Palais éphémère | Judo | 9 000 | |
Stoei | |||
Les Invalides | Boogskiet | 8 000 | |
Atletiek (maratondoellyn) | |||
Fietsry (tydtoetswegspringplek) |
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Tuine van die Paleis van Versailles | Ruitersport | 80 000 (22 000 + 58 000) |
Tydelik |
Moderne vyfkamp (sonder skermsportrondtes) | |||
Le Golf National | Gholf | 35 000 | Klaar |
Élancourt-heuwel | Fietsry (bergfietsry) | 25 000 | |
Vélodrome de Saint-Quentin-en-Yvelines | Fietsry (baan) | 5 000 | |
Fietsry (BMX wedvaart) |
Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Stade Pierre-Mauroy, Lille | Basketbal (groepfase) | 26 000 | Klaar |
Handbal (eindstryde) | |||
Île de loisirs de Vaires-Torcy, Vaires-sur-Marne | Roei | 22 000 | |
Kanovaart (slalom, snel) | |||
Stade Vélodrome, Marseille | Sokker (ses groepwedstryde, kwarteindrondte, vroue en mans se halfeindstryde) |
67 394 | |
Parc Olympique Lyonnais, Lyon | Sokker (ses groepwedstryde, kwarteindrondte, mans en vroue se halfeindstryde, vroue se bronsmedaljewedstryd) |
59 186 | |
Stade Matmut Atlantique, Bordeaux | Sokker (ses groepwedstryde, kwarteindrondte) |
42 115 | |
Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne | Sokker (ses groepwedstryde) |
41 965 | |
Allianz Riviera, Nice | Sokker (ses groepwedstryde) |
35 624 | |
Stade de la Beaujoire, Nantes | Sokker (ses groepwedstryde, kwarteindrondte, mans se bronsmedaljewedstryd) |
35 322 | |
Marina olympique du Roucas-Blanc, Marseille | Seilvaart | 5 000 | |
Teahupoo, Tahiti | Branderplankry | ||
Centre National de Tir Sportif, Châteauroux | Skyfskiet | 3 000 |
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Julie / Augustus | 24 Wo |
25 Do |
26 Vr |
27 Sa |
28 So |
29 Ma |
30 Di |
31 Wo |
1 Do |
2 Vr |
3 Sa |
4 So |
5 Ma |
6 Di |
7 Wo |
8 Do |
9 Vr |
10 Sa |
11 So |
Items | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | SS | |||||||||||||||||||
Atletiek | 2 | 1 | 5 | 3 | 4 | 5 | 5 | 5 | 8 | 9 | 1 | 48 | |||||||||
Basketbal | 3x3 Basketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 2 | ||||||||||||
Basketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||||
Boks | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 2 | 2 | 4 | 4 | 13 | ||||||
Boogskiet | ● | 1 | 1 | ● | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 5 | |||||||||||
Branderplankry | ● | ● | ● | ● | 2 | 2 | |||||||||||||||
Breekdans | 1 | 1 | 2 | ||||||||||||||||||
Driekamp | 2 | 1 | 3 | ||||||||||||||||||
Fietsry | Baan | 1 | 1 | 2 | 2 | 2 | 1 | 3 | 12 | ||||||||||||
Bergfietsry | 1 | 1 | 2 | ||||||||||||||||||
BMX | ● | 2 | ● | 2 | 4 | ||||||||||||||||
Pad | 2 | 1 | 1 | 4 | |||||||||||||||||
Gewigoptel | 2 | 2 | 2 | 3 | 1 | 10 | |||||||||||||||
Gholf | ● | ● | ● | 1 | ● | ● | ● | 1 | 2 | ||||||||||||
Gimnastiek | Artistiek | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | 3 | 3 | 4 | 14 | ||||||||||
Ritmies | ● | 1 | 1 | 2 | |||||||||||||||||
Trampolien | 2 | 2 | |||||||||||||||||||
Handbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||||
Judo | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 1 | 15 | ||||||||||||
Kanovaart | Slalom | ● | 1 | 1 | ● | 1 | 1 | ● | ● | ● | 2 | 6 | |||||||||
Snel | ● | ● | 3 | 4 | 3 | 10 | |||||||||||||||
Klimsport | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | 4 | ||||||||||||||
Moderne vyfkamp | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||||||||||||||||
Pluimbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 2 | 5 | ||||||||||
Roei | ● | ● | ● | ● | 2 | 4 | 4 | 4 | 14 | ||||||||||||
Ruitersport | Dressur | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||||||||||||||
Driefasekompetisie | ● | ● | 2 | 2 | |||||||||||||||||
Spring | ● | 1 | ● | 1 | 2 | ||||||||||||||||
Seilvaart | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 2 | ● | ● | ● | 2 | 3 | 1 | 10 | |||||||
Sewesrugby | ● | ● | 1 | ● | ● | 1 | 2 | ||||||||||||||
Skaatsplankry | 1 | 1 | 1 | 1 | 4 | ||||||||||||||||
Skermsport | 2 | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 12 | |||||||||||
Skyfskiet | 1 | 2 | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 2 | 1 | 2 | 15 | ||||||||||
Sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||||||
Stoei | ● | 3 | 3 | 3 | 3 | 3 | 3 | 18 | |||||||||||||
Taekwondo | 2 | 2 | 2 | 2 | 8 | ||||||||||||||||
Tafeltennis | ● | ● | ● | 1 | ● | ● | ● | 1 | 1 | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 5 | |||||
Tennis | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 2 | 2 | 5 | |||||||||||
Veldhokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||||||
Vlugbal | Strandvlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||||
Vlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||||
Watersport | Gesinchroniseerde swem | ● | ● | 1 | ● | 1 | 2 | ||||||||||||||
Maratonswem | 1 | 1 | 2 | ||||||||||||||||||
Sierduik | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | 1 | ● | 1 | 1 | 1 | 8 | ||||||||||
Swem | 4 | 3 | 5 | 3 | 5 | 4 | 3 | 4 | 4 | 35 | |||||||||||
Waterpolo | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||||
Totaal | 0 | 13 | 13 | 19 | 11 | 18 | 16 | 23 | 29 | 20 | 20 | 13 | 21 | 26 | 35 | 39 | 13 | 329 | |||
Kumulatief | 0 | 13 | 26 | 45 | 56 | 74 | 90 | 113 | 142 | 162 | 182 | 195 | 216 | 242 | 277 | 316 | 329 | ||||
Julie / Augustus | 24 Wo |
25 Do |
26 Vr |
27 Sa |
28 So |
29 Ma |
30 Di |
31 Wo |
1 Do |
2 Vr |
3 Sa |
4 So |
5 Ma |
6 Di |
7 Wo |
8 Do |
9 Vr |
10 Sa |
11 So |
Items |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar, word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrika het in totaal 1 goue, 3 silwer- en 2 bronsmedaljes gewen:
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 592 | 40 | 44 | 42 | 126 |
2 | Volksrepubliek China (CHN) | 388 | 40 | 27 | 24 | 91 |
3 | Japan (JPN) | 403 | 20 | 12 | 13 | 45 |
4 | Australië (AUS) | 461 | 18 | 19 | 16 | 53 |
5 | Frankryk (FRA) | 573 | 16 | 26 | 22 | 64 |
6 | Nederland (NED) | 273 | 15 | 7 | 12 | 34 |
7 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 327 | 14 | 22 | 29 | 65 |
8 | Suid-Korea (KOR) | 141 | 13 | 9 | 10 | 32 |
9 | Italië (ITA) | 402 | 12 | 13 | 15 | 40 |
10 | Duitsland (GER) | 428 | 12 | 13 | 8 | 33 |
44 | Suid-Afrika (RSA) | 149 | 1 | 3 | 2 | 6 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 2024. |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |