IVe Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Winterspele 1988 (Duits: Paralympische Winterspiele 1988) is tussen 17 en 24 Januarie 1988 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 377 atlete uit 22 nasies aan 97 items in 4 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]
Dit was die vierde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die eerste Spele wat amptelik as "Paralimpiese Spele" bekend gestaan het, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is. Hierdie was die laaste keer dat die Paralimpiese Winterpele nie op dieselfde plek as die Olimpiese Winterspele gehou is nie.
Die Olimpiese Winterspele 1988 is tussen 13 en 28 Februarie in Calgary, Kanada, gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1988 is in Seoel, Suid-Korea, aangebied.
4 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Noorweë (NOR) | – | 25 | 21 | 14 | 60 |
2 | Oostenryk (AUT) | – | 20 | 10 | 14 | 44 |
3 | Wes-Duitsland (FRG) | – | 9 | 11 | 10 | 30 |
4 | Finland (FIN) | – | 9 | 8 | 8 | 25 |
5 | Switserland (SUI) | – | 8 | 7 | 8 | 23 |
6 | Verenigde State (USA) | – | 7 | 17 | 6 | 30 |
7 | Frankryk (FRA) | – | 5 | 5 | 3 | 13 |
8 | Kanada (CAN) | 20 | 5 | 3 | 5 | 13 |
9 | Swede (SWE) | – | 3 | 7 | 5 | 15 |
10 | Italië (ITA) | – | 3 | 0 | 6 | 9 |
11 | Spanje (ESP) | – | 1 | 2 | 1 | 4 |
12 | Pole (POL) | – | 1 | 1 | 6 | 8 |
13 | Nieu-Seeland (NZL) | – | 0 | 1 | 0 | 1 |
14 | Japan (JPN) | – | 0 | 0 | 2 | 2 |
Sowjetunie (URS) | – | 0 | 0 | 2 | 2 | |
Totaal (22 NPKs) | 377 | 96 | 93 | 90 | 279 |