Paul Charles Édouard Bertrand (10 Julie 1879, Loos-Lez-Lille - 24 Februarie 1944, Parys) was 'n Franse paleobotanis. Hy was die seun van die botanikus Charles Eugène Bertrand (1851-1917).
Hy het aan die Universiteit van Lille studeer, en in 1903 sy graad in natuurwetenskappe ontvang, en sy doktorsgraad in 1909. In 1910 word hy dosent in paleontologie en direkteur van die Lille-steenkoolmuseum. In 1927 het hy die voorstitterskap van paleobotanie bereik, 'n onderskeid wat spesiaal vir Bertrand geskep is. Van 1938 tot 1944 (sy sterfjaar) het hy as voorsitter van die Anatomie comparée des végétaux actues et fossiles by die Nasionale Natuurhistoriese Museum (Frans: Muséum national d'histoire naturelle) in Parys gedien.[1][2]
Sy werk het grootliks betrekking gehad op die vergelykende anatomie van fossielplante, vergelykende morfologiese ondersoeke van lewende en fossielplante, en studies met betrekking tot Carboon-biostratigrafie. Hy het beduidende bydraes gelewer in sy navorsing oor die struktuur van vroeë varings en varingagtige plante. Hy word gekrediteer met die definisie van die taksonomie Etapteris en Metaclepsydropsis.[1]
Die standaard-outeursafkorting P.Bertrand word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.