Paulin Soumanou Vieyra (31 Januarie 1925 – 4 November 1987) was 'n Beninese/Senegalese filmregisseur en historikus. Aangesien hy ná die ouderdom van 10 in Senegal gewoon het, is hy meer geassosieer met daardie land.
Hy is gebore in Porto Novo, Benin, en het opgevoed in Parys, Frankryk,[1] waar hy aan die Institut des hautes études cinématographiques studeer het.[2] In 1955 in Parys het hy die eerste Franstalige Afrika film, Afrique sur Seine, verfilm. Sy ander belangrike prestasies vir film in Afrika sluit in die stigting van die "Fédération panafricaine des cinéastes" in 1969.
In 1971 was hy 'n lid van die jurie by die 7de Moskou Internasionale Rolprentfees.[3] Twee jaar later was hy 'n lid van die jurie by die 8ste Moskou Internasionale Rolprentfees[4] In 1985 was hy 'n lid van die jurie by die 14de Moskou Internasionale Rolprentfees.[5]
Hy is in 1987 op 62 jarige leeftyd in Parys oorlede.[6]
In 1961 trou hy met die digter Myriam Warner van Guadeloupe. Een van sy susters is Justine Vieyra, gebore in Parako.