Ptolemeus-sterreswerm | ||||
Messier 7 is in die middel van dié foto. | ||||
Soort stelsel | Oop sterreswerm | |||
Sterrebeeld | Skerpioen | |||
Messier-naam | Messier 7 | |||
Tipe | I,3,m (Trumpler), e (Shapley)[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17h 53m 51,2s | |||
Deklinasie | -34º 47' 34" | |||
Skynmagnitude | 3,3 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 980[2] | |||
Ouderdom (jaar) | 200 miljoen | |||
Skynbare grootte | 80′ | |||
Aantal sterre | 80 | |||
Rooiverskuiwing | −47 x 10-6 (= blouverskuiwing) | |||
Massa | 735 M☉ | |||
Ander name | NGC 6475 | |||
|
Die Ptolemeus-sterreswerm (ook bekend as Messier 7 of NGC 6475) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Skerpioen. Dit is in 1746 deur Jean-Dominique Maraldi ontdek. Dit kan maklik met die blote oog gesien word, naby die angel van die Skerpioen.
M7 is sedert die antieke tyd bekend; dit is vir die eerste keer deur die 1ste-eeuse Grieks-Romeinse sterrekundige Ptolemeus waargeneem, wat dit in 130 n.C. as ’n newel beskryf het.[3] Die Italianer Giovanni Batista Hodierna het dit voor 1654 gesien en 30 sterre daarin getel. In 1764 het die Fransman Charles Messier dit as die sewende lid van sy katalogus van komeetagtige voorwerpe aangeteken.
Met ’n teleskoop kan sowat 80 sterre gesien word. Teen ’n afstand van 980 ligjare beteken dit die swerm is sowat 25 ligjare breed. Dit het ’n massa van sowat 735 sonmassas[4] en is sowat 200 miljoen jaar[2] oud. Die helderste ster het ’n magnitude van 5,6.