Reuserosyntjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malvales |
Familie: | Malvaceae |
Genus: | Grewia |
Spesie: | G. hexamita
|
Binomiale naam | |
Grewia hexamita Burret, (1910)
| |
Sinonieme | |
|
Die reuserosyntjie (Grewia hexamita) is 'n struik tot klein boom wat voorkom aan die kus van KwaZulu-Natal en noordwaarts tot by die Limpoporivier. Kenmerkend van die boom is dat die blare byna so breed is as wat hulle lank is. Die vrugte is groot en harig. Die boom se FSA-nommer is 460.[1]
Die spesie is inheems in Eswatini, Mosambiek, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die spesie in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga voor.