Richard Graham Michael Morris (gebore 1948)[1] is 'n Britse neurowetenskaplike. Hy is veral bekend danksy die ontwikkeling van die Morris-waterdoolhof,[2] een van die leertoetse vir knaagdiere wat tans die meeste gebruik word, en vir sy werk oor die funksie van die hippokampus, ’n deel van die brein.[3]
Hy is die direkteur van die Sentrum vir Kognitiewe en Senuweestelsels in Edinburg[4] en ’n hoogleraar in neurowetenskap aan die Universiteit van Edinburg.[5]