Richard Benaud | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Richie Benaud in 2008 | ||||||
Volle naam | Richard Benaud | |||||
Gebore | Penrith, Nieu-Suid-Wallis, Australië | 6 Oktober 1930|||||
Gesterf | 10 April 2015 (op 84) Sydney, Australië | |||||
Bynaam(e) | Richie | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm bybreek | |||||
Rol | Veelsydige speler, kommentator | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Australië | |||||
Toetsdebuut (no 190) | 25 Januarie 1952 v Wes-Indië | |||||
Laaste Toets | 12 Februarie 1964 v Suid-Afrika | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1948–1964 | Nieu-Suid-Wallis | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | 1e rang | ||||
Wedstryde | 63 | 259 | ||||
Lopies aangeteken | 2201 | 11719 | ||||
Kolfgemiddeld | 27,03 | 36,50 | ||||
100s/50s | 3/9 | 23/61 | ||||
Hoogste telling | 122 | 187 | ||||
Aflewerings geboul | 19108 | 60481 | ||||
Paaltjies | 248 | 945 | ||||
Boulgemiddeld | 27,03 | 24,73 | ||||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 16 | 56 | ||||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 1 | 9 | ||||
Beste boulontleding | 7/72 | 7/18 | ||||
Vangskote/Stonkings | 65/– | 254/– | ||||
Bron: Cricinfo, 22 Desember 2007 |
Richard "Richie" Benaud (1930–2015) was 'n Australiese krieketkaptein en later 'n kommentator wat die stem van die spel geword het.
Benaud is op 6 Oktober 1930 in Penrith, Nieu-Suid-Wallis, in Australië gebore. Sy ouers was van Franse afkoms. Hy het in Sydney grootgeword en die Matta High School bygewoon.
Benaud was 'n veelsydige toetskrieketspeler. Hy en sy mede-kolwer, Alan Davidson, het Australië in die laat 1950's en vroeë 1960's gehelp om weer wêreldklas-krieket te speel (na 'n insinking in die vroeë 1950's). Hy was Australië se toetskaptein van 1958 tot sy uittrede in 1964. In 1963 word hy die eerste speler om 200 paaltjies en 2 000 lopies in toetskrieket te bereik.[1]
In November 2014 kondig Benaud aan dat hy op die bejaarde ouderdom van 84 met velkanker gediagnoseer is. Hy is op 10 April 2015 in Sydney in sy slaap oorlede.[2][3] Die eerste minister van Australië, Tony Abbott, wou 'n staatsbegrafnis vir Benaud reël, maar sy familie het die aanbod van die hand gewys.[4]
Boeke wat hy geskryf het: