Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Rupiah Banda | |
4de President van Zambië
| |
Ampstermyn 29 Junie 2008 – 23 September 2011 Waarnemend: 29 Junie 2008 – 2 November 2008 | |
Vise | George Kunda |
---|---|
Voorafgegaan deur | Levy Mwanawasa |
Opgevolg deur | Michael Sata |
Vise-President van Zambië
| |
Ampstermyn 9 Oktober 2006 – 2 November 2008 | |
Vise | Levy Mwanawasa |
Voorafgegaan deur | Lupando Mwape |
Opgevolg deur | George Kunda |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 13 Februarie 1937 Gwanda, Suid-Rhodesië (tans Zimbabwe) |
Politieke party | MMD |
Eggenoot/-note | Hope Mwansa Makulu (oorlede) Thandiwe Banda |
Kind(ers) | 7 |
Alma mater | Addis Ababa University Lund University Wolfson College, Cambridge |
Religie | Anglikaanse Kerk |
Rupiah Bwezani Banda (gebore 13 Februarie 1937) is 'n Zambiese politikus en was vanaf 2008 tot 2011 die vierde president van Zambië.
Tydens die ampstermyn van die eerste president, Kenneth Kaunda, het Banda belangrike diplomatieke ampte beklee en was aktief by die politiek betrokke as lid van die destydse regerende party, die United National Independence Party. In 2006 stel president Levy Mwanawasa vir Banda as sy adjunk aan, ná eersgenoemde die tweede maal tot president verkies is.
Ná Mwanawasa 'n beroerte kry in Egipte tydens 'n spitsberaad van die Afrika-unie in Junie 2008, word Banda die waarnemende president en van 19 Augustus 2008, Mwanawasa se sterfdag, tydelike president. Banda wen 'n buitengewone presidentsverkiesing in Oktober 2008 en was tot 2011 Zambië se president.