SANSA | |
---|---|
Agentskap oorsig | |
Stigting | 9 Desember 2010 |
Jurisdiksie | Suid-Afrika |
Hoofkantoor | Pretoria |
Minister verantwoordelik | Blade Nzimande, Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie |
Agentskap bestuurders | Xoliswa Kakana (Raadsvoorsitter) Valanathan Munsami (Hoof Uitvoerende Beampte) |
Toesighoudende departement | Wetenskap en Tegnologie |
Amptelike Webtuiste | |
www |
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap (SANSA) is in Desember 2010 onder sy huidige naam gestig[1] kragtens die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskapwet van 2008 (nommer 36 van 2008).[2] Voor dit was die funksie onder beheer van die WNNR se satelliettoepassingsentrum. SANSA is 'n semi-staatsinstelling en is die sambreelliggaam vir ruimte-aktiwiteite in Suid-Afrika.
SANSA spesialiseer in ruimteoperasies, observasies van die aarde en ruimte-ingenieurswese.
In 1841 was daar 'n magnetiese sterrewag aan die Universiteit van Kaapstad wat in 1932 by 'n internasionale netwerk van sterrewagte aangesluit het. Dit is in 1940 na Hermanus verskuif toe die koms van 'n elektriese spoorwegstelsel met magnetiese metings in Kaapstad begin inmeng het.[1]
In 1960 word die aanleg op Hartebeesthoek een van die 14 stasies vir die satellietopsporing en data-verkrygingsnetwerk (STADAN) van NASA oor die hele wêreld. In 1975 onttrek NASA sy betrokkenheid weens politieke onstabiliteit en binne 'n jaar het die WNNR die Satellietafstandswaarnemingsentrum (SRSC) op Hartebeesthoek opgerig. In 1980 is die Franse Nasionale Ruimte-agentskap (CNES) se opsporingstasie by Hammanskraal buite Pretoria na Hartebeesthoek hervestig en met die SRSC geïntegreer. Dit het in 1989 die satelliet-toepassingsentrum (SAC) in 'n WNNR-wye herorganisasie geword.[1]
In 2008 is die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskapwet van 2008 goedgekeur, met die doel om al die ruimte-aktiwiteite van Suid-Afrika onder een dak te bring. Die wet het die totstandkoming van SANSA bewerkstellig, en die agentskap is amptelik in 2010 van stapel gestuur.[1]
SANSA se ligging is ideaal vir die opsporing van satelliete in die Suidelike Halfrond en was deel van die Gemini- en Apollo-projekte.
Wikimedia Commons bevat media in verband met SANSA. |