Suid-Samies åarjelsaemien gïele | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ![]() ![]() | |
Gebied: | Lapland of Sápmi | |
Totale sprekers: | 600[1] | |
Taalfamilie: | Oeraals Fins-Oegries Fins-Permies Fins-Wolgaïes Fins-Samies Samies Suid-Samies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() Erkende minderheidstaal in sommige munisipaliteite van: ![]() | |
Gereguleer deur: | – | |
Taalbedreigingstatus | ||
![]() Veilig NENie bedreig nie Dit is 'n erg bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | sma
| |
ISO 639-3: | sma
| |
![]() | ||
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Suid-Samies (åarjelsaemien gïele; Noors: sørsamisk; Sweeds: sydsamiska) is die suidwestelikste van die Samiese tale en word in Noorweë en Swede gepraat. Dit is 'n ernstig bedreigde taal; die taal word veral in die munisipaliteite Snåsa, Røyrvik, Røros (Trøndelag, Sentraal-Noorweë) en Hattfjelldal (Nordland, Noord-Noorweë) in Noorweë gebesig. Suid-Samies kan op die Nord-universiteit in Levanger, die Umeå-universiteit in Umeå en die Uppsala-universiteit in Uppsala studeer word. In 2018 is op die Umeå-universiteit twee meestersgrade in dié taal geskryf.[5] Taalkursusse word ook by verskeie Samiese taalsentras in die Suid-Samiese gebied gehou.
In Noorweë is Suid-Samies een van drie amptelik erkende variante van Samies (saam met Lule-Samies en Noord-Samies) en geniet saam met Noors (Bokmål en Nynorsk) amptelike status.[6]
A a | B b | D d | E e | F f | G g | H h | I i |
Ï ï | J j | K k | L l | M m | N n | O o | P p |
R r | S s | T t | U u | V v | Y y | Æ æ | Ö ö |
Å å |