Susilo Bambang Yudhoyono | |
6de President van Indonesië
| |
Ampstermyn 20 Oktober 2004 – 20 Oktober 2014 | |
Vise | Jusuf Kalla (2004-2009) Boediono (2009-2014) |
---|---|
Voorafgegaan deur | Megawati Sukarnoputri |
Opgevolg deur | Joko Widodo |
Voorsitter van die Demokratiese Party
| |
Ampstermyn 23 Februarie 2013 – 15 Maart 2020 | |
Voorafgegaan deur | Anas Urbaningrum |
Opgevolg deur | Agus Harimurti Yudhoyono |
Minister van Veiligheid en Politieke sake
| |
Ampstermyn 27 Augustus 2000 – 1 Junie 2001 | |
President | Abdurrahman Wahid |
Voorafgegaan deur | Soejardi Soedirja |
Opgevolg deur | Agum Gumelar |
Ampstermyn 10 Augustus 2001 – 1 Junie 2004 | |
President | Megawati Sukarnoputri |
Voorafgegaan deur | Agum Gumelar |
Opgevolg deur | Hari Sabarno |
Minister van Mynwese en Energie
| |
Ampstermyn 23 Oktober 1999 – 26 Augustus 2000 | |
President | Abdurrahman Wahid |
Voorafgegaan deur | Kuntoro Mangkusubroto |
Opgevolg deur | Purnomo Yusgiantoro |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 9 September 1949 Pacitan, Oos-Java, Indonesië |
Politieke party | Demokratiese Party |
Eggenoot/-note | Kristiani Herawati (sedert 1976) |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Magelang Military Academy United States Army Command and General Staff College Webster University Bogor Agricultural Institute |
Religie | Islam |
Handtekening | |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Indonesië |
Diens/Tak | Indonesiese Nasionale Weermag |
Jare in diens | 1973–2000 |
Rang | Generaal |
Toekennings | Adhi Makayasa (1973) |
Susilo Bambang Yudhoyono (gebore 9 September 1949) het vanaf 2004 tot 2014 as die sesde president van Indonesië gedien. Hy was die eerste regstreeks gekose president van Indonesië. In die verkiesing van 2004 verslaan hy die vorige president Megawati Sukarnoputri.
Indonesiërs het nie familiename soos in die Weste gebruiklik is nie. Susilo Bambang Yudhoyono is bekend onder verskillende name: tydens sy tyd as generaal in die leër was hy bekend as Yudhoyono. In die media word hy ook Susilo genoem en in Indonesië is hy bekend as SBY ("EsBeeJee").
Yudhoyono is gebore in Pacitan, Oos-Java en is die seun van 'n offisier in die leër. Hy studeer af aan die Indonesiese Militêre Akademie in 1973 en trou met die dogter van 'n ander leëroffisier. In 1975 neem hy deel aan die Indonesiese inval van Oos-Timor en dien daar vir 'n geruime tyd.
Onder Abdurrahman Wahid word Yudhoyono in 2000 benoem tot Minister van Mynwese. Hy word gou bevorder en gou beklee hy die sleutelposisie van Minister van Veiligheid en Politieke sake. Een van sy take was om die leër uit die politiek te kry. Gegewe Wahid se swak gesondheid is Yudhoyono as die leidende figuur in die Wahid-regering beskou.
Yudhoyono word byna onmiddellik in sy ou funksie deur die nuwe president, Megawati Soekarnoputri herbenoem. Na die bom op Bali in Oktober 2002 lei hy die vervolging en die arrestasies van die (vermoedelike) verantwoordelikes. Hy kry binne sowel as buite Indonesië 'n reputasie as één van die weinige Indonesiese politici wat die oorlog teen terrorisme ernstig opneem.