Ségolène Royal | |
Ségolène Royal in 2012 | |
Minister van ekologie, volhoubare ontwikkeling, en energie
| |
Ampstermyn 2 April 2014 – 10 Mei 2017 | |
Eerste minister | Manuel Valls Bernard Cazeneuve |
---|---|
Voorafgegaan deur | Philippe Martin |
Opgevolg deur | Nicolas Hulot |
Voorsitter van die Gewestelike Raad van Poitou-Charentes
| |
Ampstermyn 30 Maart 2004 – 21 April 2014 | |
Voorafgegaan deur | Élisabeth Morin |
Opgevolg deur | Jean-François Macaire |
Minister van bewaring en lewenswyse
| |
Ampstermyn 2 April 1992 – 29 Maart 1993 | |
Eerste minister | Pierre Bérégovoy |
Voorafgegaan deur | Brice Lalonde |
Opgevolg deur | Michel Barnier |
Adjunk van die Nasionale Vergadering vir Deux-Sèvres se 2de Kiesafdeling
| |
Ampstermyn 19 Junie 2002 – 19 Junie 2007 | |
Voorafgegaan deur | Jean-Pierre Marché |
Opgevolg deur | Delphine Batho |
Ampstermyn 2 April 1993 – 4 Julie 1997 | |
Voorafgegaan deur | Jean-Pierre Marché |
Opgevolg deur | Jean-Pierre Marché |
Ampstermyn 23 Junie 1988 – 2 Mei 1992 | |
Voorafgegaan deur | Proporsionele verteenwoordiging |
Opgevolg deur | Jean-Pierre Marché |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 22 September 1953 Dakar, Frans-Wes-Afrika (tans Senegal) |
Politieke party | Parti Socialiste |
Eggenoot/-note | François Hollande (1978–2007) |
Alma mater | Nancy 2 University Institut d'Études Politiques de Paris École nationale d'administration |
Handtekening |
Ségolène Royal, gebore Marie-Ségolène Royal (sego'lɛn ʁwa'jal) (Dakar, Senegal, 22 September 1953) is 'n Franse politikus en was die Sosialistiese Party van Frankryk (PS) se kandidaat vir die presidentsverkiesing in 2007.
Sy is sedert Junie 2002 lid van die Franse parlement vir Deux-Sèvres en beklee sedert Augustus 2004 ook die amp van voorsitter van die Gewestelike Raad van Poitou-Charentes.
In haar verkiesingsveldtog wat in 2006 begin het, het Royal veral haar charismatiese persoonlikheid gebruik om as die moontlike eerste vroulike President van Frankryk 'n stuk geskiedenis te skryf.
In plaas van 'n presiese politieke houding ten opsigte van kwessies soos Turkye se beplande lidmaatskap van die Europese Unie en die toekoms van die noue politieke samewerking met Duitsland het sy eerder oor basiese politieke waardes gepraat - moontlik met die oog op 'n meerderheid van stemme van sowel links- asook konserwatief gesinde kiesers.
Op sommige gebiede het sy wél haar politieke prioriteite omlyn. Sy het beplan om hernubare energiebronne se aandeel in Frankryk tot by twintig persent te verhoog en het die Amerikaanse President George W. Bush se buitelandse beleid verwerp. Burgerlike verbintenisse sou aan huwelike gelykgestel word.
'n Aantal onvoorbedagte uitlatings tydens onderhoude, soos byvoorbeeld dié met die Kanadese politikus André Boisclair, toe Royal die "soewereiniteit en vryheid" van die Kanadese provinsie Québec beklemtoon het, het haar aansien en gewildheid skade berokken.[1]
In die eerste stemming van die Franse presidentsverkiesing op 21 en 22 April 2007 het Ségolène Royal 25,84 persent van die uitgebragte stemme op haar verenig - die beste resultaat van 'n Sosialistiese kandidaat in twintig jaar. Royal se teenstander in die herstemming op 6 Mei was die konserwatiewe kandidaat Nicolas Sarkozy (31,11 persent), wat haar uiteindelik met 53 persent van die uitgebragte stemme geklop het. Royal het 43 persent van die stemme op haar verenig.