Tabaré Vázquez | |
Tabaré Vázquez in 2017 | |
39ste en 41ste President van Uruguay
| |
Ampstermyn 1 Maart 2015 – 1 Maart 2020 | |
Vise | Raúl Sendic Lucía Topolansky |
---|---|
Voorafgegaan deur | José Mujica |
Opgevolg deur | Luis Lacalle Pou |
Ampstermyn 1 Maart 2005 – 1 Maart 2010 | |
Vise | Rodolfo Nin |
Voorafgegaan deur | Jorge Batlle |
Opgevolg deur | José Mujica |
President pro tempore van UNASUR
| |
Ampstermyn 1 Maart 2015 – 23 April 2016 | |
Voorafgegaan deur | José Mujica |
Opgevolg deur | Nicolás Maduro |
Intendant van Montevideo
| |
Ampstermyn 5 Mei 1990 – 5 Mei 1994 | |
Voorafgegaan deur | Eduardo Fabini Jiménez |
Opgevolg deur | Tabaré González |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Montevideo, Uruguay | 17 Januarie 1940
Sterf | 6 Desember 2020 (op 80) Montevideo, Uruguay |
Politieke party | Breë Front Sosialistiese Party |
Eggenoot/-note | María Auxiliadora Delgado (1968–2019; haar dood) |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Universidad de la República |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Handtekening |
Tabaré Ramón Vázquez Rosas (* 17 Januarie 1940 in Montevideo; † 6 Desember 2020 aldaar) was 'n Uruguaanse politikus wat tussen 1 Maart 2015 en 1 Maart 2020 die amp van staatspresident beklee het. Hy het dié amp ook vanaf 1 Maart 2005 tot 1 Maart 2010 beklee.
Tabaré Vázquez het aanvanklik 'n loopbaan as kankerspesialis gevolg en in 1971 by die Sosialistiese Party van Uruguay (Spaans: Partido Socialista del Uruguay) aangesluit. Hy het vanaf 1990 as burgemeester van die hoofstad Montevideo gedien. In 1994 en 1999 is hy deur die Frente Amplio (letterlik "Breë Front", 'n alliansie van linksgesinde partye) as kandidaat vir die presidentskap benoem. In 1999 het hy 48 persent van die uitgebragte stemme op hom verenig.
By die verkiesings in Oktober 2004 het hy opnuut as presidensiële kandidaat gestaan en het met 50,45 persent van die uitgebragte stemme die tradisionele partye se kandidate, Jorge Larrañaga (Partido Nacional/Nasionale Party, 34,30 persent) en Guillermo Stirling (Partido Colorado, 10,36 persent) reeds in die eerste rondte verslaan. Sy oorwinning het 'n einde aan Uruguay se 180-jarige konserwatiewe regeringstydperk gemaak.
Vázquez het hom vir 'n sosiale welvaartstaat en die handhawing van goeie betrekkinge met die lidstate van die Suid-Amerikaanse Enkelmark Mercosur en die Verenigde State beywer.
Voorafgegaan deur Eduardo Fabini Jiménez |
Intendant van Montevideo 1990–1994 |
Opgevolg deur Tabaré González |
Voorafgegaan deur Jorge Batlle |
President van Uruguay 2005–2010 |
Opgevolg deur José Mujica |
Voorafgegaan deur José Mujica |
President van Uruguay 2015–2020 |
Opgevolg deur Luis Lacalle Pou |