Theodore William Schultz | |
Theodore W. Schultz in 1944
| |
Gebore | Arlington, Suid-Dakota | 30 April 1902
---|---|
Oorlede | 26 Februarie 1998 (op 95) Evanston, Illinois |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Vakgebied | Landbou-ekonomie |
Instelling(s) | Iowa se Staatsuniversiteit Universiteit van Chicago |
Alma mater | Suid-Dakota se Staatsuniversiteit Universiteit van Wisconsin-Madison |
Toekennings | Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe (1979) |
Theodore William Schultz (30 April 1902 – 26 Februarie 1998) was die gesamentlike wenner van die Nobelprys (saam met William Lewis, 1979) in ekonomie "vir hul baanbrekende navorsing oor ekonomiese ontwikkelingsnavorsing met besondere aandag aan die probleme van ontwikkelende lande".[1]
Hy is in Arlington, Suid-Dakota, Verenigde State van Amerika, gebore en het in 1921 by die South Dakota State College geregistreer vir 'n graad in landbou. Ná hy in 1927 gegradueer het, het hy 'n doktorsgraad in ekonomie by die University of Wisconsin-Madison verwerf (1930).
Schultz het die Nobelprys verwerf vir sy bydraes in ontwikkelende ekonomie, met die fokus op landbou-ekonomie. Hy het die rol van landbou in die ekonomie bestudeer en sy werk het industriële beleid wêreldwyd beïnvloed.
Schultz se navorsing rakende die tempo waarteen nasies na die Tweede Wêreldoorlog se verwoesting herstel het, was deurslaggewend. Hy het waargeneem dat Japan en Duitsland baie vinniger as Groot-Brittanje herstel het. Hy het die gevolgtrekking gemaak dat 'n land se vermoë om te herstel direk afhanklik is van die gesondheid en vlak van opvoeding van die bevolking. Opvoeding maak mense meer produktief en goeie gesondheid verseker dat hulle hierdie produksie kan handhaaf. Hierdie bydrae is later menslike kapitaalteorie (Human Capital Theory) genoem en het 'n direkte effek gehad op beleggingsbesluite deur die Internasionale Monetêre Fonds en Wêreldbank in veral die 1980's.
Boeke geskryf:
Boeke geredigeer: