WASP-12b | ||||
Eksoplaneet | ||||
![]() | ||||
’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die ster WASP-12 sy planeet WASP-12b verorber. | ||||
Moederster | WASP-12 | |||
Ster se eienskappe | ||||
Sterrebeeld | Koetsier | |||
Regte klimming | 06h 30m 33s | |||
Deklinasie | +29° 40′ 20″ | |||
Skynmagnitude (m) | 11,69 | |||
Afstand (ligjaar) | 871[1] | |||
Metaalinhoud | [Fe/H] 0,30+0.05−0.15 | |||
Spektraaltipe | G0 | |||
Planeet | ||||
Massa | 1,39±0,04 M⊕ | |||
Radius | 1,83+0,06−0,07 R⊕ | |||
Temperatuur | 2 525 K [2] | |||
Wentelperiode | 26,19415 uur | |||
Ontdekking | ||||
Datum | 1 April 2008[1] | |||
Ontdekkers | Cameron e.a. (SuperWASP) | |||
Metode | Oorgang | |||
Status | Gepubliseer[2] | |||
|
WASP-12b is ’n planeet van die ster WASP-12 wat deur die SuperWASP-planeetopname ontdek is. Die ontdekking is op 1 April 2008 aangekondig.[1] Omdat sy wentelbaan so naby aan sy ster is, het dit een van die laagste digthede vir planete (dit sit uit vanweë die energievloei van die ster). Die planeet se wentelbaan duur net effens meer as ’n dag, in vergelyking met die Aarde se wentelbaan van 365 dae om die Son. Sy afstand is net 1/44 van die Aarde s’n van die Son af.
Die planeet is so naby sy ster dat die ster se getykragte die planeet skeeftrek in ’n eiervorm en meterie van sy atmosfeer aantrek teen ’n tempo van sowat 10−7 MJ per jaar.[3] Vanweë die sogenaamde "getyverhitting" en sy nabyheid aan die ster is die oppervlaktemperatuur meer as 2 500 kelvin.
Op 20 Mei 2010 is met die Hubble-ruimteteleskoop opgemerk dat WASP-12 die planeet "verorber". Wetenskaplikes het geweet dit is moontlik, maar dit is die eerste keer dat dit so duidelik waargeneem is. Nasa voorspel dat die ster nog net sowat 10 miljoen gaan bestaan.[4]
Die planeet se atmosfeer het uitgesit tot byna drie keer die radius van Jupiter, terwyl die planeet self 40% meer massa as Jupiter het.
Onlangse studies het gewys WASP-12b is ’n koolstofryke gasreus en die moontlikheid bestaan dat ander planete in die stelsel ook baie koolstof bevat.[5] Een van die navorsers van dié studie het opgemerk: "Met meer koolstof as suurstof kan jy rotse van suiwer koolstof kry, soos diamante en grafiet".[6] Sulke opmerkings het daartoe gelei dat die media selfs begin praat het van ’n "diamantplaneet".[7]
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |lastauthoramp=
geïgnoreer (hulp).