WOH G64 | ||||
![]() | ||||
’n Kunstenaarsvoorstelling van WOH G64. | ||||
Sterrebeeld | Swaardvis (Groot Magellaanse Wolk) | |||
Spektraaltipe | M5I | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 04h 55m 10,49s | |||
Deklinasie | −68° 20′ 29,08″ | |||
Skynmagnitude (m) | 6,85 | |||
Absolute magnitude (M) | -8,9 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | ~16 – 22 | |||
Radius (R☉) | 1 540 – 1 730 | |||
Ligsterkte (L☉) | 2,8×105[1] | |||
Temperatuur (K) | ~3 400 | |||
Afstand (ligjaar) | 163 000 | |||
Ander name | ||||
WOH G64, 2MASS J04551048-6820298 | ||||
|
WOH G64 is ’n rooi hiperreusester in die Groot Magellaanse Wolk,[2] ’n satelliet-sterrestelsel van die Melkweg, in die suidelike sterrebeeld Swaardvis. Dit is 168 000 ligjare van die Aarde af en is een van die grootste bekende sterre, met ’n radius van 1 540 keer dié van die Son,[3] of sowat 1,07 miljard kilometer (7,14 AE). Sy volume is sowat 3,65 miljard keer groter as die Son s'n. As dit in die middel van die Sonnestelsel geplaas sou kon word, sou dit Jupiter ingesluk het.
Die groot massaverlies van WOH G64 het ’n torusvormige wolk geskep met ’n deursnee van sowat ’n ligjaar en ’n massa van drie sonmassas. Die wolk kon gevorm gewees het vanweë massa-uitbarstings van die ster ’n paar miljoen jaar gelede.
Die ster is in die 1970's deur Westerlund, Olander en Hedin ontdek. Nes die geval is met NML Cygni, kom die "WOH" in die naam van die drie ontdekkers, maar dit verwys in dié geval na ’n hele kategorie van reuse- en superreusesterre in die Groot Magellaanse Wolk.[4] Westerlund het ook die hiperreus Westerlund 1-26 ontdek wat in die swaar supersterreswerm Westerlund 1 in die sterrebeeld Altaar voorkom; dit het dieselfde grootte en eienskappe as WOH G64.
Die kombinasie van die ster se temperatuur en helderheid plaas dit in die boonste regterhoek van die Hertzsprung-Russell-diagram. Die stofwolke maak dit baie moeilik om die ster te bestudeer. Dit kan dalk selfs ’n baie warm metgesel hê,[5] hoewel dit glad nie bevestig is nie.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)