Witneus-papegaaivis | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | (Rafinesque, 1810)
|
Genus: | |
Spesie: | S. psittacus
|
Binomiale naam | |
Scarus psittacus Forsskål, 1775
|
Die witneus-papegaaivis (Scarus psittacus) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Palenose parrotfish.
Die vis word tot 33 cm lank met 'n slank, skraal lyf en gepunte kop. Aanvanklik is al die visse grysbruin tot rooibruin met 'n wit neus en rooi pektorale vinne. Die volwasse mannetjies het 'n kleurvariasie: geel tot groen skubbe met salmpienk rante, die lyf is soms geelbruin, die voorkop is soms pers, daar is soms pienk bande op die blou vinne, soms blou lyne om die bek en soms 'n blou stertvin.
Die vis leef in tropiese strandmere en vlak aflandige koraalriwwe in water wat 1 tot 25 m diep is. As onvolwasse visse leef die vissies in groepe saam en later as volwasse visse as alleenlopers. Hulle vreet alge.