Ligging in Oos-Rusland | Wapen |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Krai | ![]() |
Koördinate | 43°8′N 131°54′E / 43.133°N 131.900°O |
Gestig op | 2 Julie 1860 |
Stadstatus | 22 April 1880 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 331,16 vk km |
Hoogte bo seevlak | 171 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2018-beraming) | 604 901 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 814/vk km |
Tydsone | UTC+11 |
Burgemeester | Jewgeni Poesjkarjof |
Amptelike webwerf | www.vlc.ru |
Wladiwostok (Russies: Владивосто́к, [vlədʲɪvɐˈstok], , letterlik: "heerser oor die ooste") is die hoofstad van die Primorski-krai in die ooste van Rusland en het 'n geraamde bevolking van 604 901 (2018).[1] Die Wladiwostok Internasionale Lughawe is naby aan die stad geleë, en die stad se hawe is die basis van die Russiese Vloot in die Stille Oseaan.
Wladiwostok is naby die Russiese grens met beide Noord-Korea en die Volksrepubliek China geleë; Harbin in die Volksrepubliek China is sowat 515 km (320 myl) in die weste en Sapporo in Japan is sowat 775 km (482 myl) oos oorkant die See van Japan.
Wladiwostok is op 2 Julie 1860 gestig[2] en het in 22 April 1880 stadstatus verkry.
Die stad se belangrikste bedrywe is skeepvaart, kommersiële visvang en die vlootbasis. Visvang is bykans vier vyfdes van die kommersiële produksie van Wladiwostok. Ander voedselproduksie beloop 11%.
Die invoer van Japannese motors is 'n baie belangrike werkgewer en 'n groot bron van inkomste vir die inwoners van die stad.[3]
Die Transsiberiese Spoorlyn is gebou om Europese Rusland met Wladiwostok te verbind, Rusland se belangrikste hawe in die Stille Oseaan. Die spoorlyn is in 1905 voltooi, en het vanaf Moskou na Wladiwostok via verskeie van Rusland se grootste stede geloop.
Wladiwostok het 15 susterstede:[4]
|
In 2010 is boë met die name van elk een van Wladiwostok se susterstede in 'n park in die stad geplaas.[5]
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Wladiwostok. |