Yeoville | |
---|---|
Koördinate: 26°10′S 28°3′O / 26.167°S 28.050°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,97 km2 (0,37 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 18 884 |
• Digtheid | 19 468/km2 (50 420/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 1.6% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 1.1% |
• Swart mense | 96.5% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 29.1% |
• Engels | 21.2% |
• Ndebele | 15.1% |
• Xhosa | 4.5% |
• Ander | 30.0% |
Yeoville is 'n voorstad van Johannesburg, in die provinsie van Gauteng, Suid-Afrika.
Yeoville is in 1892 (ses jaar ná die ontdekking van goud) deur Thomas Yeo Sherwell, bestuurder van die City Deep-goudmyn wat van Yeovil in die Verenigde Koninkryk gekom het, geproklameer. Nadat hy die gebied laat opmeet het, is die voorstad so ver uit die dorp geag dat op 'n vendusie om erwe te verkoop, niemand gebie het nie, en hy die erwe teen £1 stuks moes verkoop. Sherwood was een van die oorspronklike lede van die Goldfields Diggers' Committee, wat op 8 November 1886 gevorm is om as 'n dorpsbestuursraad op te tree. Die voorstad is as 'n "sanatorium vir die rykes" geadverteer, waar die lug helder en skoon is omdat dit op 'n randjie is wat oor die destydse vuil, rokerige myndorp uitgekyk het. Die rykes van die tyd het egter nie daar eiendom aangeskaf nie. Die voorstad was aanvanklik wel die tuiste van ietwat meer gegoede inwoners, maar nadat die aangrensende Houghton aangelê is, het dit ontwikkel as 'n meerklassige gebied wat armer mense en verskeie golwe van immigrante uit die buiteland gelok het.
In die laat 1980's en vroeë 1990's was dit 'n gewilde woonplek vir skrywers en kunstenaars, onder wie Victor Munnik, Koos Kombuis, Harry Kalmer, Theunis Engelbrecht en Gys de Villiers. Al die jare was dit 'n oorwegend Engelse voorstad, soos blyk uit die getal munisipale kiesers in bepaalde jare: In 1934 was hier slegs 92 Afrikaanse kiesers en 2 709 Engelse, in 1949 194 en 3 917 en in 1961 473 en 4 738. Ten spyte van 'n skerp toename in die Afrikaanse kiesers, was hulle steeds tien keer so min soos die Engelse kieser.
Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.