Yrsa Sigurðardóttir | |
---|---|
![]() Yrsa Sigurðardóttir in 2009 | |
Gebore | 24 Augustus 1963 |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | Romanskrywer |
Vilborg Yrsa Sigurðardóttir (* 24 Augustus 1963) is 'n Yslandse skryweres.
Yrsa Sigurðardóttir het die Yslandse matriekeksamen in 1983 by die hoërskool Menntaskólinn í Reykjavík en daarna siviele ingenieurswese aan die Universiteit van Ysland (Háskóli Íslands) gestudeer. In 1988 het sy 'n BSc-graad behaal en haar studies aan die Concordia-universiteit in Montréal voortgesit. Hier het sy haar meestersgraad verwerf.
Sy woon tans met haar man en twee kinders in Seltjarnarnes naby Reykjavik en is as siviele ingenieur by die Kárahnjúka-damprojek in die ooste van Ysland werksaam. Hier skryf sy haar boeke in haar konstruksiehut.
Yrsa Sigurðardóttir het sedert 1998 vyf kinderboeke gepubliseer. Haar eerste misdaadroman Þriðja táknið het in 2005 verskyn. Sedertdien het sy jaarliks een werk in dié genre gepubliseer. Haar werke is onder meer in Duits, Sweeds, Noors, Engels en Pools vertaal.