Die jaar 1855 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 55ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- 8 Januarie – Sir James Rose-Innes, hoofregter van die Republiek van Suid-Afrika († 1942).
- 20 Januarie – Ernest Chausson, Franse Romantiese komponis († 1899).
- 23 Januarie – John Browning, Amerikaanse vuurwapenontwerper († 1926).
- 24 Maart – Olive Schreiner, Suid-Afrikaanse skrywer, pasifis, feminis en intellektuele († 1920).
- 6 Augustus – Lionel Phillips, Suid-Afrikaanse mynboumagnaat en politikus († 1936).
- 18 Augustus – Adriaan Moorrees, teoloog en leier in die NG Kerk, skrywer en digter († 1938).
- 11 September – William Mulholland, Amerikaanse siviele ingenieur van Ierse herkoms († 1935).
- 1 November – Folkert Wilko Hesse, Suid-Afrikaanse argitek van Nederlandse herkoms († 1923).
- 28 Desember – Rudolf Marloth, Suid-Afrikaanse chemikus en plantkundige, na wie die bergaalwyn (Aloe marlothii) genoem is († 1931)