Ontdekking [1] | |
---|---|
Ontdek deur | David J. Tholen, Scott Sheppard, Chad Trujillo |
Datum | 13 Oktober 2015 |
Kleinplaneet-benaming | 2015 TG387 |
Kleinplaneet-kategorie | TNV · sednoïde |
Wentelbaaneienskappe [2] | |
Afelium | 2 037 AE |
Perihelium | 64,8 AE |
Halwe lengteas | 1 051 AE |
Wentelperiode | 34 080 jaar |
Gem. anomalie | 359,4° |
Gem. beweging | 0,00002892°/dag |
Baanhelling | 11,66° |
Lengteligging van stygende nodus | 300,90° |
Periheliumhoek | 118,3° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | ~300 km[3] |
Absolute magnitude | 5,3[2] |
2015 TG387, met die bynaam The Goblin ("Die Aardgees") vanweë die letters TG en omdat dit naby Halloween ontdek is,[4][5] is ’n trans-Neptunus-voorwerp (TNV) in die buitenste deel van die Sonnestelsel.[6] Dit is op 13 Oktober 2015 die eerste keer by die Mauna Kea-sterrewag deur die sterrekundiges David J. Tholen, Scott Sheppard en Chad Trujillo waargeneem, en die ontdekking is op 1 Oktober 2018 bekend gemaak.[1][7]
2015 TG387 is die derde bekende sednoïde, ná 90377 Sedna en 2012 VP113.[3] Ná die ontdekking van 2015 TG387 (wat na raming ’n deursnee van 300 km het), het Sheppard et al. afgelei dit beteken daar is sowat 2 miljoen binneste Oortwolkvoorwerpe groter as 40 km breed, met ’n totale massa van 1×1022 kg (verskeie kere die massa van die Asteroïdegordel).[3]
Die wentelbaan van 2015 TG387 en ander verafgeleë TNV’s dui op, maar bewys nie, die bestaan van ’n hipotetiese Planeet Nege in die buitenste Sonnestelsel.[3][7]
Die voorwerp is tans 80 AE van die Son af, sowat twee en ’n half keer so ver as wat Pluto nou is.[5] Nes Sedna, sou dit nie ontdek gewees het as dit nie op die binneste been van sy lang wentelbaan was nie. Dit is hoekom geglo word daar is talle sulke voorwerpe, waarvan die meeste te ver is om met huidige metodes waar te neem.
Met instrumente wat nou beskikbaar is, sal 2015 TG387 "net een persent van die tyd" sigbaar wees.[5]
Researchers have discovered a dwarf planet far beyond the orbit of Pluto they believe strengthens the case for a large planet at the outer reaches of our solar system.