Die lidlande van die BRICS en hulle verteenwoordigers tydens spitsberade. |
---|
Brasilië (Federale Republiek Brasilië) President: Luiz Inácio Lula da Silva |
Rusland (Russiese Federasie) President: Wladimir Poetin Eerste minister: Michail Misjoestin |
Indië (Republiek Indië) President: Droupadi Murmu Eerste minister: Narendra Modi |
Volksrepubliek China President: Xi Jinping Eerste Minister: Li Qiang |
Suid-Afrika (Republiek van Suid-Afrika) President: Cyril Ramaphosa |
Egipte (Arabiese Republiek Egipte) President: Abdel Fattah el-Sisi Eerste minister: Moustafa Madbouly |
Ethiopië (Federale Demokratiese Republiek Ethiopië) President: Sahle-Work Zewde Eerste minister: Abiy Ahmed |
Iran (Islamitiese Republiek Iran) Opperleier: Ali Khamenei President: Ebrahim Raisi |
Verenigde Arabiese Emirate President: Mohamed bin Zayed Al Nahyan Eerste minister: Mohammed bin Rashid Al Maktoum |
BRICS is 'n interregeringsorganisasie bestaande uit nege ontluikende markte, hulle is Brasilië, Rusland, Indië, die Volksrepubliek China, Suid-Afrika (die oorspronklike lidlande waarvan dié akroniem ontleen is), Egipte, Ethiopië, Iran en die Verenigde Arabiese Emirate. Oorspronklik is die vier eersgenoemde lande as BRIC gegroepeer, met die aansluiting van Suid-Afrika in 2010. Al vyf BRICS-lande behoort tot die voorste nuut geïndustrialiseerde lande en is lidlande van die Groep van 20.
Die term "BRIC" is oorspronklik deur die Amerikaanse Beleggingsbank- en sekuriteitsverhandelingsmaatskappy Goldman Sachs omtrent einde 2001 vir die groot opkomende markte met 'n jaarlikse ekonomiese groei tussen vyf en tien persent, naamlik Brasilië, Rusland, Indië en die Volksrepubliek China, gebruik.[1] Sedert 2009 vergader die vier lande jaarliks vir ekonomiese en politieke ooreenkomste,[2] sedert 2010 is Suid-Afrika 'n volle lid van die BRICS.[3]
Die BRICS is weens hul groeiende ekonomie, groot bevolkings, groot oppervlaktes en ryk hulpbronne baie belangrik vir die wêreldekonomie. Rusland is met 'n oppervlakte van 17 098 246 km² by verre die grootste land ter wêreld, die Volksrepubliek China is met 'n bevolking van 1 403 500 365 in 2016 die wêreld se mees bevolkte land, gevolg deur Indië se 1 324 171 354 in 2016. Brasilië is volgens oppervlakte sowel bevolking die wêreld se vyfde grootste land.
Die vyf BRICS-lande vorm die leidende lande in hul streke: Brasilië in Latyns- en Suid-Amerika, Rusland in Oos-Europa en Noord-Asië, Indië in Suid-Asië, die Volksrepubliek China in Oos-Asië en Suid-Afrika in Afrika.
Die doelwitte van die BRICS-lande sluit in die wedersydse ondersteuning in ekonomiese en politiese kwessies asook die oprigting van eie internasionale instellings vir wedersydse beleggings, soos die Nuwe Ontwikkelingsbank.
Sedert die middel-2010's word die ekonomieë van die vyf BRICS-lede deur krisisse en dalende groei gekenmerk. As gevolg van die Krim-anneksasie deur Rusland is die Russiese ekonomie deur die Europese Unie en die Verenigde State aan sanksies onderwerp. Brasilië en Suid-Afrika moet met wydverspreide korrupsie en min ekonomiese groei veg. Net die Volksrepubliek China en Indië toon sedert baie jare 'n konstante ekonomiese groei van meer as vyf persent per jaar.
Op 24 Augustus 2023, tydens die 15de BRICS-beraad, het die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa aangekondig dat Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate deur die huidige lede genooi is om by die blok aan te sluit.[4] Volle lidmaatskap het op 1 Januarie 2024 in werking tree.[5]
Die doel van hierdie uitbreiding word voorgehou as deel van die plan om 'n "multipolêre" wêreldorde te bou wat gewig gee aan tot dusver gedempte stemme van die Globale Suide en hulle na die sentrum van die wêreldagenda te bring.[6] Op 30 Desember 2023 het die nuwe Argentynse regering egter aan dié land se aansoekproses onttrek en die uitnodiging vir aansluiting van die hand gewys.[7] Saoedi-Arabië het ook nie op 1 Januarie 2024 amptelik by BRICS aangesluit nie.[8]
No. | Datum(s) | Gasland | Gasheer | Plek | Notas |
---|---|---|---|---|---|
1ste | 16 Junie 2009 | Rusland | Dmitri Medwedef | Jekaterinburg | |
2de | 15 April 2010 | Brasilië | Luiz Inácio Lula da Silva | Brasília | Gaste: Jacob Zuma (President van Suid-Afrika) en Riyad al-Maliki (Palestina se Minister van Buitelandse Sake) |
3de | 14 April 2011 | Volksrepubliek China | Hu Jintao | Sanya | Eerste spitsberaad met Suid-Afrika ingesluit by die oorspronklike BRIC-lande. |
4de | 29 Maart 2012 | Indië | Manmohan Singh | Nieu-Delhi | Die BRICS-kabel kondig 'n optiese vesel ondersese kommunikasiekabel-stelsel vir telekommunikasie tussen die BRICS-lande aan. |
5de | 26–27 Maart 2013 | Suid-Afrika | Jacob Zuma | Durban | |
6de | 14–17 Julie 2014 | Brasilië | Dilma Rousseff | Fortaleza[9] Brasília |
Ooreenkomste vir die Nuwe Ontwikkelingsbank en die Voorwaardelike Reserweraad onderteken. Gaste: Leiers van die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies (UNASUR)[10][11] |
7de | 8–9 Julie 2015 | Rusland | Wladimir Poetin | Oefa[12] | Gemeenskaplike beraad met SCO-EEU |
8ste | 15–16 Oktober 2016 | Indië | Narendra Modi | Benaulim | Gemeenskaplike beraad met BIMSTEC |
9de | 3–5 September 2017 | Volksrepubliek China | Xi Jinping | Xiamen | Gemeenskaplike beraad met EMDCD |
10de | 3–5 September 2018 | Suid-Afrika | Cyril Ramaphosa | Johannesburg | |
11de | 13–14 November 2019 | Brasilië | Luiz Inácio Lula da Silva | Brasília | |
12de | 17 November 2020 | Rusland | Wladimir Poetin | Sint Petersburg | Videokonferensie |
13de | 9 September 2021 | Indië | Narendra Modi | Nieu-Delhi | Videokonferensie |
14de | 23 Junie 2022 | Volksrepubliek China | Xi Jinping | Beijing | Videokonferensie |
15de | 22–24 Augustus 2023 | Suid-Afrika | Cyril Ramaphosa | Johannesburg | Ses lande, naamlik Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate word genooi om in Januarie 2024 ook lede van BRICS te word. Op 29 Desember 2023 het die regering van Argentinië 'n brief aan alle BRICS-leiers gestuur waarin hulle die uitnodiging om by die blok aan te sluit amptelik van die hand gewys het.[13] Saoedi-Arabië het nog nie sy aanvaarding van lidmaatskap bevestig nie.[14] |
16de | 22–24 Oktober 2024 | Rusland | Wladimir Poetin | Kazan | [15] |
Die volgende lande het óf belangstelling uitgespreek om by BRICS aan te sluit óf het reeds aansoek gedoen om lidmaatskap:
Afrika |
Amerikas |
Asië |
Europa |
1 - Amptelik aansoek gedoen om lidmaatskap
2 - Amptelik genooi om as lidstaat aan te sluit, maar moet nog 'n formele besluit neem
3 Amptelik genooi om as vennootstaat aan te sluit [63]
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)