Volledige naam | Eisenbahner Turn- und Sportverein Weiche Flensburg e.V. |
Stigtingsdatum | 1930 |
Tuisveld | Manfred Werner-stadion, Flensburg |
Kapasiteit | 2 500 |
Kompetisie | Oberliga Sleeswyk-Holstein |
ETSV Weiche Flensburg is 'n sportklub uit Flensburg in die deelstaat Sleeswyk-Holstein in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir judo, pluimbal, swem, gimnastiek, vlugbal en tafeltennis. Weiche is 'n stadsdeel van Flensburg.
Die klub is in 1930 gestig as ESV Weiche e.V. von 1930. In 1972 is daar met TSV Weiche-West e.V. von 1949 saamgesmelt om die huidige klub te vorm. Die klub het in die laat 1970’s bekendheid verwerf deurdat sy handbalafdeling tussen 1977 en 1990 saam met die handbalafdeling van die buurklub Handewitter SV ’n gesamentlike span op die been gebring het wat meegeding het onder die naam SG Weiche-Handewitt (volledige naam: Spielgemeinschaft der Handballabteilungen des Handewitter SV und des ETSV Flensburg-Weiche) en groot sukses behaal het, onder meer in die handbal-Bundesliga.
|
|
Oberliga Sleeswyk-Holstein 2009/10-seisoen | |
TSV Altenholz – FT Eider Büdelsdorf – Eckernförder SV – SV Eichede - Flensburg 08 – ETSV Weiche Flensburg - Heider SV – Heikendorfer SV – SV Henstedt-Ulzburg – Itzehoer SV - SC Comet Kiel – Holstein Kiel II – |