Fiji Airways (handeldrywend as, en voorheen bekend as Air Pacific) is die vlagdraer van Fidji[1] wat internasionale dienste bedryf vanaf sy spilpunte in Fidji na 15 lande en 27 stede insluitend Australië, Nieu-Seeland, Samoa, Tonga, Tuvalu, Kiribati, Vanuatu en Salomonseilande (Oseanië), Hongkong, Japan, Singapoer, Kanada en die Verenigde State.
Dit het 'n uitgebreide netwerk van 108 internasionale bestemmings deur sy kodedeelvennote. Die Fiji Airways Group vervoer 64 persent van alle besoekers wat na Fidji vlieg. Die redery het meer as 1000 werknemers in diens en verdien 'n inkomste van meer as FJD$815 miljoen (VS$390m) per jaar.[1]
Fiji Airways deel kodes met die volgende lugrederye:[2][3]