Die Hubble-ruimteteleskoop se foto van Haumea (middel) en sy twee mane, Hiʻiaka (bo) en Namaka. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Brown et al., Ortiz et al. |
Datum | 28 Desember 2004 (Brown et al.) Julie 2005 (Ortiz et al.) |
Kleinplaneet-benaming | (136108) Haumea |
Alternatiewe name | 2003 EL61 |
Kleinplaneet-kategorie | Dwergplaneet, plutoïde, TNV (nie meer cubewano)[1][2] |
Etimologie | Haumea |
Wentelbaaneienskappe[3] | |
Epog 30 November 2008 (JD 2 454 800,5) | |
Afelium | 51,544 AE7 (710 Tm) |
Perihelium | 34,721 AE {5,194 Tm) |
Halwe lengteas | 43,132 AE (6,452 Tm) |
Wentelperiode | 283,28 jaar (103 468 dae) |
Gem. omwentelingspoed | 4,484 km/s |
Gem. anomalie | 202,67° |
Baanhelling | 28,22° |
Lengteligging van stygende nodus | 121,10° |
Periheliumhoek | 239,18° |
Natuurlike satelliete | 2 |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | ≈1 960 × 1 518 × 996 km (Keck)[4] |
Gem. radius | ≈789 km (Spitzer)[5]
~650 km (Herschel)[6] |
Oppervlakte | ≈27 km2 |
Massa | (4,006 ± 0,040)21 kg[7] (0,00066 aardmassas) |
Gem. digtheid | 2,6-3,3 g/cm3[4] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,44 m/s2 |
Ontsnapping- snelheid | 0,84 km/s |
Sideriese rotasieperiode | 0,163 146 ± 0,000 004 d (3,915 5 ± 0,000 1 h)[8] |
Temperatuur | <50 K[9] |
Spektraaltipe: | B-V = 0,64, V-R = 0,33, B0-V0 = 0,646[10] |
Skynmagnitude | 17,3 (opposisie)[11][12] |
Absolute magnitude | 0,01053 ± 0,44[3] |
Haumea, amptelik (136108) Haumea (simbool: ),[13] is ’n dwergplaneet in die Kuipergordel, net anderkant Neptunus se wentelbaan.[14] Dit is in 2004 die eerste keer deur ’n span onder leiding van Mike Brown by die Palomar-sterrewag in Kalifornië ontdek en in 2005 onafhanklik deur ’n span van die Sierra Nevada-sterrewag in Spanje, hoewel laasgenoemde eis betwis word.
Dit is op 17 September 2008 amptelik deur die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) as ’n dwergplaneet erken en is na Haumea, die Hawaise godin van vrugbaarheid, genoem.
Omdat twyfel bestaan oor of Haumea in hidrostatiese ewewig is, is dit egter dalk nie werklik ’n dwergplaneet nie. Dit lyk of dit dalk ’n uiters langwerpige vorm het, wat uniek is onder Trans-Neptunus-voorwerpe (TNV's). Die vorm is nog nie direk waargeneem nie, maar berekenings na aanleiding van sy ligkurwe dui op ’n ellipsoïdale vorm.
Haumea se massa is omtrent 1⁄3 van Pluto s’n en 1⁄1 400 van dié van die Aarde. Tot onlangs is geglo sy swaartekrag is groot genoeg om hom rond te druk, maar berekenings dui daarop dat sy hoofas twee keer so lank as sy kort as is. Haumea se langwerpige vorm, vinnige rotasie en hoë albedo (van ’n oppervlak van kristalagtige waterys) is vermoedelik die gevolg van ’n reusebotsing, wat daartoe gelei het dat Haumea die grootste lid van ’n botsingsfamilie is wat verskeie groot TNV's en Haumea se twee bekende mane, Hiʻiaka en Namaka, insluit. Haumea is tans die derde grootste TNV, naas Eris en Pluto.
Met ’n skynbare magnitude van 17,3,[11] is Haumea die derde helderste voorwerp in die Kuipergordel, naas Pluto en Makemake, en maklik deur ’n amateurteleskoop sigbaar.[4] Omdat die planete en meeste klein Sonnestelselliggame ’n wentelvlak deel vanweë die protoplanetêre skyf waaruit hulle gevorm het met die ontstaan van die Son, het die meeste vroeë opnames van verafgeleë voorwerpe gefokus op hierdie vlak, wat die sonnebaan genoem word.[15] Nadat die streek naby die sonnebaan goed verken was, was latere opnames gemik op voorwerpe met groter baanhellings. Tydens dié opnames is Haumea eindelik ontdek, met sy groot baanhelling en huidige posisie ver van die sonnebaan.
{{cite web}}
: Eksterne skakel in |format=
(hulp)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)