Henry Bulwer | |
4de Hoë Kommissaris van Siprus
| |
Ampstermyn 9 Maart 1886 – 5 April 1892 | |
Monarg | Victoria |
---|---|
Voorafgegaan deur | Robert Biddulph |
Opgevolg deur | Walter Joseph Sendall |
2de Goewerneur van Natal
| |
Ampstermyn 6 Maart 1882 – 23 Oktober 1885 | |
Monarg | Victoria |
Voorafgegaan deur | George Pomeroy Colley |
Opgevolg deur | Arthur Havelock |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 11 Desember 1836 |
Sterf | 30 September 1914 (op 77) |
Alma mater | Trinity College |
Sir Henry Ernest Gascoigne Bulwer (11 Desember 1836 – 30 September 1914) was 'n Goewerneur van Natal. Hy is Engeland gebore en 'n familielid van die romanskrywer Edward Bulwer-Lytton. Na sy studies aan die Universiteit van Cambridge tree hy toe tot die diplomatieke diens. In 1871 word hy aangestel as Goewerneur van Labuan in Borneo en in 1875 as Goewerneur van Natal. Hy het ook 'n bykomende titel gehad: Spesiale Kommissaris vir Zoeloesake. Tydens sy dienstermyn moes hy moeilike sake soos die eerste Britse besetting van Transvaal, die Anglo-Zoeloe-oorlog en die Majubaveldtog hanteer. Die dorp Bulwer in KwaZulu-Natal is na hom vernoem.