Hideki Tojo 東條 英機 | |
Eerste Minister van Japan
Leier van die Taisei Yokusankai | |
Ampstermyn 17 Oktober 1941 – 22 Julie 1944 | |
Monarg | Shōwa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Fumimaro Konoe |
Opgevolg deur | Kuniaki Koiso |
Minister van Oorlog
| |
Ampstermyn 22 Julie 1940 – 22 Julie 1944 | |
Monarg | Shōwa |
Voorafgegaan deur | Hata Shunroku |
Opgevolg deur | Hajime Sugiyama |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 30 Desember 1884 Tokio, Japan |
Sterf | 23 Desember 1948 Tokio, Japan |
Politieke party | Taisei Yokusankai |
Eggenoot/-note | Katsuko Ito |
Kind(ers) | 7 |
Alma mater | Keiserlike Japannese Weermagsakademie Militêre Akademie |
Handtekening | |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Japan |
Diens/Tak | Keiserlike Japannese weermag |
Rang | General |
Eenheid | Kwantung Weermag (1932-1934) |
Oorloë/Veldslae | 26 Februarie-voorval Tweede Sjinees-Japannese Oorlog |
Toekennings | Groot Kordon van die Orde van die Opkomende Son Orde van die Goue Vlieër, 2de Klas Orde van die Heilige Skat |
Hideki Tojo (Japannees: 東條 英機 Tōjō Hideki; Tokio, 30 Desember 1884 - 23 Desember 1948, Tokio) was 'n Japannese militaris en politikus van die Tweede Wêreldoorlog.
Tojo was 'n kunstige generaal in die Japannese weermag. In 1933 is hy tot generaal-majoor bevorder en word die hoof van die Kantoleër in Mantsjoeko. In 1936 is hy tot luitenant-generaal bevorder. Tojo was één van die mense wat Japan in die oorlog betrokke gekry het. Hy was 'n aanhanger van die Groot-Japanse gedagte en het één Asië, gelei deur Japan, voorgestaan. Hy was die oorlogsminister tot 1941. In Oktober 1941 het hy soveel mag verkry nadat hy premier van Japan word, dat hy feitlik 'n diktator geword het.
Hoewel Tojo aanvanklik met die Amerikaners wou onderhandel oor hul sanksies teen Japan na die bloedige oorlog met China, was hy wel 'n voorstander van die aanval op Pearl Harbor in Desember 1941. Tojo kon egter nie die absolute mag inpalm nie, en het in 1944 sy bedanking ingedien na verskeie nederlae.