James Brown (3 Mei1933 – 25 Desember2006) was 'n Amerikaansemusikant, sanger en liedjieskrywer. Hy word as een van die beste soul-sangers nóg beskou en was bekend vir sy opwindende verhoogoptredes. Sy liedjies sluit in Papas Got a Brand New Bag (1965) en Sex Machine (1970). Hy was as The Godfather of Soul bekend.[1]
James Joseph Brown jr. is op 3 Mei1933 in Barnwell, Suid-Carolina gebore, maar het in Augusta in Georgia grootgeword. Hy is talle kere deur die polisie in hegtenis geneem. Toe hy 16 jaar oud was, is hy aan gewapende roof skuldig bevind, waarvoor hy drie jaar in 'n jeugsentrum aanhou is. Sy ander oortredings sluit aanranding in.[2]
Vier van Brown se albums is in die Rolling Stone-tydskrif se 2003-lys van die 500 beste albums van alle tye gelys. Brown se bekendste liedjie is Get Up (I Feel Like Being a) Sex Machine.
Brown is op 25 Desember2006 aan longontsteking en hartsiektes in Atlanta oorlede. 'n Openbare gedenkdiens is in die Apollo-teater vir hom gehou. Ikone soos Michael Jackson, Stevie Wonder en Prince het sy begrafnis bygewoon.